Page 159 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 159
Kuberversekering (eise ingestel-grondslag)
Krisisbestuursuitgawes
redelike en noodsaaklike uitgawes goedgekeur deur die Maatskappy binne 1 (een) jaar nadat die Versekerde die Maatskappy van die Wederregtelike Daad in kennis gestel het, vir ʼn openbare betrekkinge konsultant en verbandhoudende advertensie- of kommunikasie-uitgawes in die bestuur van genoemde konsultant
Kuberafdreigingsverlies
1. Kuberafdreigingsbetaling;
2. redelike en noodsaaklike forensiese uitgawes om enige Kwaadwillige Kode of ander blootstelling van die Versekerde se Rekenaarstelsel aan gevaar vas te stel en te neutraliseer;
3. redelike en noodsaaklike fooie en uitgawes van die kuberafdreigings- onderhandelaar om ʼn Kuberafdreiging te ondersoek, te bepaal en te beëindig;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Kuberafdreigingsverlies nie die gedekte Uitgawes wat die Versekerde aangegaan het indien die Kuberafdreigingsbetaling nie betaal is nie, sal oorskry nie;
2. Kuberafdreigingsverlies sluit geen sake in wat geag word onversekerbaar te wees onder die wet wat die regsbevoegdheid waar die Versekerde sake bedryf, beheer nie
Kuberafdreigingsbetaling
fondse of eiendom wat met die Maatskappy se vooraf toestemming betaal word om ʼn Kuberafdreiging te beëindig
die Versekerde se masjien se leesbare inligting die eerste bedrag betaalbaar deur die Versekerde
doelbewuste aanval op die Versekerde se Rekenaarstelsel wat toegang tot die stelsel vir gemagtigde persone beperk of verhoed
die publisering of uitsending van enige digitale media-inhoud deur die Versekerde
alle Eis-uitgawes, Krisisbestuursuitgawes, Kennisgewingsuitgawes, Eerste-party-uitgawes, Verlies aan Besigheid-inkomste en Kuberafdreigingsverlies
Kuberafdreiging
ʼn geloofwaardige dreigement (vergesel van ʼn eis vir fondse of eiendom), gerig aan die Versekerde om doelbewus Kwaadwillige Kode in te stel, om ʼn Ontkenning van Diensaanval uit te voer teen, of Data diefstal van die Versekerde se Rekenaarstelsel te pleeg
Data
Eerste Bedrag Betaalbaar
Ontkenning van Diensaanval
Digitale Multimedia Aktiwiteite
Stroomaf-aanval
gebruik van die Versekerde se Rekenaarstelsel om Ongemagtigde Gebruik of Ongemagtigde Toegang te verkry tot, deel te neem aan ʼn Ontkenning van Diensaanval teen of, om Kwaadwillige Kode aan ʼn vreemde Rekenaarstelsel te stuur/oor te sein
Uitgawes
Eersteparty-uitgawes
die volgende redelike en noodsaaklike koste en uitgawes aangegaan deur die Versekerde binne 1 (een) jaar vandat die Versekerde die Maatskappy van die Wederregtelike Daad in kennis gestel het:
1. om Data te herstel, te herversamel of te vervang. Indien Data nie herstel, herversamel of vervang kan word nie, die wesenlike koste aangegaan tot op sodanige bepaling;
2. van spesialiste, ondersoekers, forensiese ouditeurs, of bemiddelaars om ʼn hersiening uit te voer om te bewys dat ʼn Netwerk Sekuriteitsbreuk plaasgevind het, of om die trefwydte, oorsaak of omvang van enige diefstal of ongemagtigde openbaarmaking van inligting of Data of Skending van Privaatheid vas te stel;
3. redelike en noodsaaklike koste en uitgawes aangegaan deur die Versekerde om die Netwerk Sekuriteitsbreuk te bekamp; insluitend die gebruik van eksterne toerusting, dienste, arbeid, persele of bykomende operasionele koste
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 157