Page 161 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 161

 Kuberversekering (eise ingestel-grondslag)
      Verlies (vervolg)
Verlies sluit nie die volgende in nie:
1. winste, restitusie, of teruggee van winste deur enige Versekerde;
2. koste om te voldoen aan geregtelike bevele of nie-monetêre verligting;
3. opbrengs of verrekening van fooie, heffings, tantieme of kommissies vir goedere of dienste;
4. nie-vergoedend (behalwe tot die mate gedek by [2.2.2]), veelvoudige of gelikwideerde skade;
5. boetes of bestraffings (behalwe tot die mate gedek by [2.2.2]);
6. skade, boetes, bestraffings of toekennings van dwarsoor die industrie, nie- bedryfspesifieke regulerende ondersoek of aksie;
7. enige bedrag wat die Versekerde nie regtens aanspreeklik is om te betaal nie;
8. verlies van enige vergoeding of finansiële voordeel waarop die Versekerde regtens nie geregtig is nie;
9. sake wat onversekerbaar geag is in die regsgebied waarin ʼn Eis ingedien is; en
10. aangeleenthede betreffende wette wat nie sake verder voer waaronder hierdie Afdeling vertolk kan word nie
     Verlies aan Besigheid- inkomste
Kwaadwillige Kode
die vermindering in netto inkomste (netto wins voor inkomstebelasting) wat die Versekerde sou verdien as geen Netwerk Sekuriteitsbreuk plaasgevind het nie; en
die Versekerde se redelike voortsetting, en normale bedryfs- en betaalstaatuitgawes (na berekening van besparings) wat aangegaan is en geaffekteer is deur ʼn Netwerk Sekuriteitsbreuk. Verlies van Besigheid-inkomste sal nie verwys na bank-rente of investerings-inkomste nie, nog sal dit boetes wat aan derde partye betaal is of verliese wat uit Eise deur derde partye ingestel is, insluit
       Netwerk Sekuriteitsbreuk
ʼn Stroomaf-aanval, Ongemagtigde Toegang tot, Ongemagtigde Gebruik van, Data-diefstal van, Ontkenning van Diensaanval teen of die uitsending van Kwaadwillige Kode aan die Versekerde se Rekenaarstelsel, insluitend fisiese diefstal van enige onderdeel daarvan
     Kennisgewingsuitgawes
redelike en noodsaaklike uitgawes goedgekeur deur die Maatskappy binne 1 (een) jaar vandat die Versekerde die Maatskappy van die Wederregtelike Daad in kennis gestel
het, om te voldoen aan regerings- privaatheid-wetgewing of Riglyne wat beste praktyke aanbeveel, soos om kennis te gee in die geval van Skending van Privaatheid of ʼn Netwerk Sekuriteitsbreuk
     Skending van Privaatheid
ʼn wetlike, regulerende of gemeenregtelike vertrouensbreuk, inbreuk op, of skending van enige reg op privaatheid, wat lei tot leed aan werknemers, die Versekerde of derde partye
     Hersteltydperk
vir Eersteparty-uitgawes begin dit onmiddellik na die eintlike of potensiële benadeling of ontkenning van die Versekerde se besigheidsaktiwiteite plaasvind; en duur voort tot die vroegste van:
1. die datum waarop die Versekerde se besigheidsaktiwiteite met bekwame omsigtigheid en spoed herstel is tot die toestand wat dit sou wees indien daar nie ʼn Netwerk Sekuriteitsbreuk was nie; of
2. 60 (sestig) dae na die datum waarop ʼn Versekerde se Rekenaarstelsel ten volle met bekwame omsigtigheid en spoed herstel is tot die toestand wat dit sou wees indien daar nie ʼn Netwerk Sekuriteitsbreuk was nie
     Terugwerkende Datum
die Terugwerkende Datum soos gespesifiseer in die Kuberversekeringsafdeling van die Skedule. Indien nie gespesifiseer nie, sal die Terugwerkende Datum die aanvangsdatum van hierdie Afdeling wees
   sagteware wat ontwikkel is om die Rekenaarstelsel te infiltreer of te beskadig sonder die Versekerde se toestemming
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 159



































































   159   160   161   162   163