Page 163 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 163
Kuberversekering (eise ingestel-grondslag)
2.1.2 redelike skattings van toekomstige winsgewendheid of andersins, sou geen verlies plaasgevind het nie;
2.1.3 alle veranderinge wat toekomstige gegenereerde winste sou beïnvloed;
2.1.4 enige besparings of bedrae verhaal met betrekking tot, of as gevolg van ʼn Netwerksekuriteitsbreuk; en
2.1.5 toevallige voordele as ʼn gevolg van mededingers wat ʼn verwante terugslag gely het.
Versoeke vir vrystelling moet deur die berekening soos hierbo omskryf, vergesel word, tesame met besonderhede van die berekening en die aannames gemaak. Die Versekerde is verplig om enige dokumentêre bewys wat die Maatskappy mag vereis, te voorsien. Die koste en uitgawes wat gepaardgaan met die ondersoek, voorbereiding en indiening van die versoek vir vrystelling sal deur die Versekerde gedra word.
2.2 Die Versekerde sal die Maatskappy of ʼn agent van die Maatskappy alle redelike hulp bied in hul ondersoeke. Enige Verlies aan Besigheid-inkomste-betalings sal, waar van toepassing, verminder word tot die mate wat die Versekerde:
2.2.1 beskadigde of onbeskadigde Data gebruik;
2.2.2 gebruik maak van beskikbare voorraad, handelsware of ander Data; of
2.2.3 gebruik maak van plaasvervangende fasiliteite, toerusting of personeel.
3. Diensvlakooreenkomste
Die Maatskappy het diensvlakooreenkomste met diensverskaffers aangegaan vir die verskaffing van dienste gedek onder die Omskrewe Gebeurtenisse. Die bepalings van die diensvlakooreenkomste is van toepassing op die Versekerde asof die Versekerde dit geteken het en is op versoek aan die Maatskappy beskikbaar.
4. Gebied, regsbevoegdheid en regeringswette
Hierdie Afdeling is van toepassing op Eise wat voortspruit uit beweerde of gepleegde dade enige plek in die wêreld en sal in ooreenstemming met die wette van die Republiek van Suid-Afrika geïnterpreteer word.
5. Korporatiewe aanwinste, samesmeltings, amalgamasies en oornames
Hierdie Afdeling dek nie enige Maatskappy of ander wetlike entiteit gedurende die tydperk van die versekering bekom, tensy die Maatskappy verwittig is en deur hulle geëndosseer is nie.
6. Minimum sekuriteitsvereistes
Dit is ʼn voorvereiste tot aanspreeklikheid dat, behalwe die data en inligtingsekuriteitsprosedures soos openbaar gemaak, die Versekerde onderneem om ten volle te voldoen aan die Maatskappy se minimum IT- sekuriteitsprosedures soos hieronder gespesifiseer by aanvang en vir die duur van hierdie Afdeling:
6.1 Spermure geïmplementeer om toegang tot digitaalgestoorde Sensitiewe Inligting te beperk.
6.2 Anti-virus en/of viruswerende sagteware geïmplementeer op alle lessenaar-, skootrekenaars en Sensitiewe Stelsels (waar van toepassing en in ooreenstemming met beste praktyk-aanbevelings) en op datum gehou soos die sagteware verskaffer se aanbevelings vereis.
6.3 Sekuriteits georiënteerde laslappe / opdaterings toegepas op Sensitiewe Stelsels binne drie (3) maande van vrystelling deur die verskaffer.
6.4 Wagwoordkontroles geïmplementeer op Sensitiewe Stelsels. Hierdie kontroles moet insluit:
6.4.1 wagwoordlengte van ten minste 8 (agt) karakters;
6.4.2 gebruikersrekening-wagwoorde moet ten minste elke 120 (honderd en twintig) dae verander word;
6.4.3 wagwoorde saamgestel wat nie algemene woordeboekwoorde is nie en nie redelikerwys geag wyd gebruik te word of maklik raaibaar is nie;
6.4.4 gebruikersrekeninge saamgestel om uit te sluit as gevolg van hoogstens 20 (twintig) mislukte verifikasiepogings;
6.4.5 alle verstekinstallasies en administrasie-rekeninge verkry deur die verandering van die rekeningwagwoord en waar moontlik word rekeninge buite werking gestel, uitgewis of hernoem.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 161