Page 162 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 162
Kuberversekering (eise ingestel-grondslag)
Sensitiewe Stelsels
Data diefstal
die ongemagtigde neem, misbruik, verandering, uitwissing, korrumpering, verwoesting of openbaarmaking van Data of inligting, hetsy in papier- of elektroniese formaat
die wesenlike verkryging van toegang tot ʼn Rekenaarstelsel deur ʼn ongemagtigde persoon of persone of ʼn gemagtigde persoon op ʼn ongemagtigde wyse
die gebruik van ʼn Rekenaarstelsel deur ʼn ongemagtigde persoon of persone of ʼn gemagtigde persoon op ʼn ongemagtigde wyse
Derde Party
enige entiteit of natuurlike persoon. Derde Party beteken nie:
1. enige Versekerde; of
2. enige ander entiteit of natuurlike persoon wat ʼn finansiële belang of uitvoerende rol in die bedrywighede van die Versekerde of enige Filiaal het, nie
Ongemagtigde Toegang
Ongemagtigde Gebruik
VSA en/of Kanada
die Verenigde State van Amerika en/of Kanada en/of hul onderskeie besittings of protektorate en/of enige land wat onder die wette van die Verenigde State van Amerika of Kanada sake bedryf
Wederregtelike Daad
die volgende dade gepleeg, ʼn poging daartoe aangewend, of beweer op, of na die Terugwerkende Datum:
1. vir doeleindes van dekking onder Omskrewe Gebeurtenis 1 en 2 is enige fout, verdraaiing, misleidende verklaring, daad, nalating, versuim, of pligskending gepleeg, ʼn poging daartoe of na bewering gepleeg deur ʼn Versekerde, met betrekking tot sy/haar pligte as sodanig, of deur ander namens die Versekerde vir wie die Versekerde regtens aanspreeklik is, wat ʼn wesenlike of potensiële Skending van Privaatheid of ʼn Netwerksekuriteitsbreuk tot gevolg het;
2. vir doeleindes van dekking onder Omskrewe Gebeurtenis 3 en 4 ʼn Netwerksekuriteitsbreuk;
3. vir doeleindes van dekking onder Omskrewe Gebeurtenis 5, ʼn Kuberafdreiging
SPESIFIEKE VOORWAARDES
1. Aanmelding en kennisgewing
Die Versekerde sal die Maatskappy so spoedig moontlik, maar binne 30 (dertig) dae na die Versekerde bewus geword het van enige Eis of gebeurtenis wat redelikerwys tot ʼn Eis aanleiding kon gee, in kennis stel. Vir enige Kuberafdreiging gemaak, sal die Versekerde die Maatskappy onmiddellik in kennis stel.
2. Berekening van verlies aan besigheid-inkomste
2.1 Die Berekening van Verlies aan Besigheid-inkomste moet gebaseer word op:
2.1.1 inkomste en koste gegenereer gedurende elke maand in die tydperk van die voorafgaande jaar in ooreenstemming met die Hersteltydperk;
Bladsy | 160
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022
alle stelsels (insluitend alle hardeware, sagteware, fisiese komponente daarvan en data daarop gestoor) sigbaar vir eksterne netwerke en/of gebruik om Sensitiewe Inligting te stoor/verwerk
Sensitiewe Inligting
1. enige vertroulike of eiendomsregtelike nie-openbare inligting van die Versekerde of Derde Party; of
2. enige vertroulike nie-openbare inligting met betrekking tot ʼn natuurlike persoon
Filiaal
enige entiteit waarin die Versekerde Organisasie regstreeks of onreg-streeks:
1. die meerderheid stemreg hou of beheer;
2. die reg het om die meerderheid van die raad van direkteure, of raad van trustees, of die funksionele ekwivalent aan te stel, te verwyder, of te beheer; of
3. meer as die helfte van die uitgereikte aandele of aandelekapitaal hou