Page 157 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 157

 Kuberversekering (eise ingestel-grondslag)
 6. Diensonderbrekings, professionele dienste, produkaanspreeklikheid
6.1 6.1.1 diensonderbreking of defektiewe satelliete;
6.1.2 elektriese of meganiese weierings of onderbrekings;
6.1.3 kragonder-brekings of die onderbreking in verskaffing van brandstof, telekommunikasie of ander infrastruktuur of dienste, tensy onder die Versekerde se bedryfsbeheer of die Eis voortspruit uit ʼn Netwerk Sekuriteitsbreuk;
6.1.4 weiering, geleidelike agteruitgang of diefstal van oorhoofse transmissie-, distribusie-/ verdeelkabels of ondergrondse isolasie of bekabeling;
6.2 die Versekerde daarin misluk of op hou om ʼn produk of diens te lewer; of
6.3 verstryking, kansellasie, verandering, onttrekking of herroeping van produkte of dienste en/of die verlies van gebruik daarvan.
7. Effekte, fidusiêre, intellektuele eiendom
7.1 aandele en ander effekte, insluitend die verbreking van enige wette rakende effekte;
7.2 afpersing, geldwassery, anti-trustoortredings of handelsbeperkings of onbillike mededinging;
7.3 verbreking/skending van verantwoordelikhede, verpligtinge of pligte wat verband hou met werknemersvoordele, pensioen, gesondheidsorg, welsyn, winsverdeling, onderlinge of investeringsplanne, fondse of trusts; of
7.4 die geldigheid, ongeldigheid, oortreding van, verbreking of wanaanwending van of handhawing van enige reg tot of belang in enige intellektuele eiendomsregte, lisensiëringwetgewing of regulasies.
8. Fooie
vir enige fooie, kommissies, uitgawes of kostes betaal aan of gehef deur die Versekerde.
9. Insolvensie
die Versekerde se insolvensie, bankrotskap of enige sakereddingspraktyke.
10. Kontrakbreuk
aanspreeklikheid deur die Versekerde onder enige kontrak of ooreenkoms aanvaar, tensy sodanige aanspreeklikheid sou bestaan in die afwesigheid van sodanige kontrak of ooreenkoms.
11. Liggaamlike besering en skade aan eiendom
enige liggaamlike, geestelike of emosionele besering, angs of kommer, siekte, kwaal of dood, of fisiese skade aan, gebrek, verrotting of vernietiging van enige tasbare eiendom insluitend die verlies daarvan. Data word nie geag tasbare eiendom te wees nie. Hierdie Uitsluiting geld nie vir Omskrewe Gebeurtenis 6 ten opsigte van geestes- of emosionele angs wat die gevolg is van die Versekerde se Digitale Multimedia-aktiwiteite nie.
12. Natuurkragte/-rampe
enige fisiese of natuurlike gebeurtenis buite die Versekerde se beheer.
13. Ongemagtigde versameling
die ongemagtigde of onwettige versameling van Derdeparty eienaarskorporasie of persoonlike, private en vertroulike inligting.
14. Oorlog, oproer en terrorisme
Algemene Uitsondering 1 van die Polis word uitgebrei om kuber-terrorisme en kuber-oorlog in te sluit.
15. Programmatuur (sagteware)
die gebruik van roofprogrammatuur, sagteware wat nog nie uit die ontwikkelingsfase vrygestel is nie of wat nog nie al die proeflopies geslaag het en as suksesvol in alledaagse bedrywighede bewys is nie.
16. Regsaksie
ʼn aksie/eis in ʼn geregtelike hof buite Suid-Afrika ingestel of waar ʼn aksie/eis in ʼn geregtelike hof binne Suid-Afrika ingestel is om, by wyse van ʼn Omgekeerde Ooreenkoms of andersins, ʼn buitelandse uitspraak af te dwing.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 155



































































   155   156   157   158   159