Page 155 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 155

 Kuberversekering (eise ingestel-grondslag)
  KUBERVERSEKERING (EISE INGESTEL-GRONDSLAG)
OMSKREWE GEBEURTENISSE
Nieteenstaande Algemene Uitsondering 5, Kuber uitsluiting, soos hierin omskryf onderhewig aan die bepalings, voor- waardes en uitsluitings van die polisbewoording insluitende hierdie Afdeling, kom die Maatskappy ooreen om:
1. Kuberaanspreeklikheid
die Versekerde skadeloos te stel vir bedrae wat die Versekerde regtens aanspreeklik is om te betaal ten opsigte van Verlies wat regstreeks spruit uit ʼn Eis eers ingestel teen die Versekerde, en die Maatskappy in kennis gestel word ooreenkomstig die voorwaardes van hierdie Afdeling. Voorgenoemde geskied gedurende die Polistydperk en as ʼn gevolg van ʼn Wederregtelike Daad;
2. Krisisbestuursuitgawes en kennisgewingsuitgawes
Krisisbestuursuitgawes en Kennisgewingsuitgawes deur die Versekerde aangegaan, te betaal, wat regstreeks spruit uit ʼn Eis eers ingestel en die Maatskappy ooreenkomstig die voorwaardes van hierdie Afdeling in kennis gestel word. Voorgenoemde geskied gedurende die Polistydperk en as ʼn gevolg van ʼn Wederregtelike Daad;
3. Eersteparty-uitgawes
Die Maatskappy sal Eersteparty-uitgawes betaal wat deur die Versekerde gedurende die Herstel-/Opknappingsfase aangegaan word en wat regstreeks spruit uit ʼn Eis eers ingestel en die Maatskappy ooreenkomstig die voorwaardes van hierdie Afdeling in kennis gestel word. Voorgenoemde geskied gedurende die Polistydperk en as ʼn gevolg van ʼn Wederregtelike Daad;
4. Verlies aan besigheid-inkomste
Verlies aan Besigheid-inkomste te betaal wat deur die Versekerde gedurende die Herstel-/Opknappingsfase aangegaan word en wat regstreeks spruit uit ʼn Eis eers ingestel en die Maatskappy ooreenkomstig die voorwaardes van hierdie Afdeling in kennis gestel word. Voorgenoemde geskied gedurende die Polistydperk en as ʼn gevolg van ʼn Wederregtelike Daad:
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die aanspreeklikheid van die Maatskappy nie 50% (vyftig persent) van die gegewe skadeloosstellingsperk vermeld in die Skedule sal oorskry nie
2. die skadeloosstellingstydperk sal begin 12 (twaalf) ure na die plaasvind van die eintlike verswakte of ontkende besigheidsaktiwiteite van die Versekerde
3. die maksimum skadeloosstellingstydperk vir Verlies aan besigheid-inkomste is 150 (honderd en vyftig) dae;
5. Kuberafpersing
die Verlies weens Kuberafpersing te vergoed wat deur die Versekerde aangegaan word en wat regstreeks spruit uit ʼn Eis eers ingestel en die Maatskappy ooreenkomstig die voorwaardes van hierdie Afdeling in kennis gestel word. Voorgenoemde geskied gedurende die Polistydperk en as ʼn gevolg van ʼn Wederregtelike Daad;
6. Digitale media-aanspreeklikheid
die Versekerde skadeloos te stel vir Verlies wat die Versekerde regtens aanspreeklik is om te betaal wat regstreeks spruit uit ʼn Eis eers ingestel en die Maatskappy ooreenkomstig die voorwaardes van hierdie Afdeling in kennis gestel word. Voorgenoemde geskied gedurende die Polistydperk en as ʼn gevolg van ʼn Wederregtelike Daad;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy se algehele aanspreeklikheid vir alle betalings gemaak op ʼn Eise ingestel-grondslag gedurende die Polistydperk, insluitend alle Uitgawes, sal die mindere bedrag wees van die toepaslike Omskrewe Gebeurtenisse van Aanspreeklikheid of die onbetaalde gedeelte van die toepaslike Algehele Skadeloosstellingsperk vermeld in die Skedule van hierdie Afdeling vir elke Polistydperk, ongeag die getal Eise of toepaslike Omskrewe Gebeurtenisse;
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 153












































































   153   154   155   156   157