Page 152 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 152

 Besoedelende stowwe
Direkteure- en amptenare aanspreeklikheid
     Skadeloosstellingsperk
Die maksimum bedrag van die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van enige enkele eis kragtens hierdie Afdeling van die Polis, soos vermeld in die Skedule.
Enige eis of eise wat spruit uit, gebaseer is op, of toe te skryf is aan:
1. dieselfde oorsaak;
2. ʼn enkele wederregtelike daad;
3. ʼn reeks van aaneenlopende, herhaalde of verwante wederregtelike dade;
sal beskou word as ʼn enkele eis vir die doel van hierdie Afdeling van die Polis
  Amptelike liggaam
Enige regulerende owerheid of kommissie, regerings instansie of amptelike handelsliggaam, wat bemagtig is om die Versekerde se sakebedrywighede te ondersoek
    Enige vaste, vloeibare, gasagtige of termiese prikkelmiddel, rook, roet, stoom, dampe, sure, alkalië, chemikalieë, afval of ander stowwe of besoedelende stowwe, bakterieë, skimmel of ander swam (insluitend, maar nie beperk nie tot, muf of mikotoksien of spore of enige ander stof of produk wat deur skimmel of swamme geproduseer of vrygelaat is), wat in werklikheid of na bewering grond, water, die atmosfeer, eiendom, geboue, of ander strukture of mense, diere, plante, en alle ander lewende organismes, of die algemene omgewing beïnvloed
  Deur sake te doen op ʼn roekelose manier, met growwe nalatigheid, met die doel om enige persoon te bedrieg, vir enige bedrieglike doel, of deur handel te dryf onder insolvente omstandighede
  Enige formele of amptelike ondersoek, of verhoor deur enige amptelike liggaam na die sake en optrede van ʼn direkteur, in sodanige kapasiteit, en welke ondersoek, of verhoor die direkteur skriftelik as die teiken, of die onderwerp van sodanige ondersoek, of verhoor identifiseer en wat vereis dat die betrokke direkteur sodanige ondersoek of verhoor bywoon
  Enige maatskappy wat die Versekerde of ʼn filiaal beheer deur:
1. ʼn meerderheid stemgeregtigdes te hê;
2. die reg te hê om ʼn meerderheid van die raad van direkteure aan te stel of te verwyder;
3. alleen beheer, of die meerderheid van stemgeregtigdes te beheer, of kragtens ʼn geskrewe ooreenkoms met ander aandeelhouers of lede.
Ten opsigte van enige filiaal, sal dekking wat deur hierdie Afdeling van die Polis vir enige wederregtelike daad verleen word, op die verkoopsdatum of die ontbinding van daardie filiaal, staak
  Enige een of ʼn kombinasie van die volgende gebeurtenisse:
1. die Versekerde konsolideer of smelt saam met, of verkoop alles of die groter deel van die Versekerde se bates of onderneem om dit te doen, enige ander persoon of entiteit of groep persone of entiteite wat gesamentlik optree;
2. enige persoon of entiteit of groep persone of entiteite wat gesamentlik optree (behalwe ʼn filiaal) is geregtig om meer as 50% (vyftig persent) van die stemreg uit te oefen by die Versekerde se algemene vergaderings of om die aanstelling van direkteure wat bevoeg is om die meerderheidstem by die vergadering van die Versekerde se raad uit te oefen
     Roekelose handeldrywing
   Regulatoriese ondersoekverhoor
   Filiaal
   Transaksie
  Verenigde State van Amerika en/of Kanada
Die Verenigde State van Amerika en/of Kanada en/of hulle onderskeie besittings of protektorate en/of enige land wat onderhewig is aan die wette van die Verenigde State van Amerika of Kanada
Die maatskappy vermeld in die Skedule en enige filiaal van daardie maatskappy
  Die Versekerde
   Bladsy | 150
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022



































































   150   151   152   153   154