Page 149 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 149

 Direkteure- en amptenare aanspreeklikheid
 2. Aanmelding van omstandighede
Die Versekerde mag, gedurende die Versekeringstydperk, die Maatskappy in kennis stel van enige aangeleentheid wat redelikerwys verwag word om aanleiding te gee tot ʼn eis. Die kennisgewing moet insluit, die redes vir die verwagting van daardie eis, die volle besonderhede soos datums, dade en betrokke persone. Enige eis wat voortspruit uit sodanige aangemelde aangeleentheid, indien aanvaar word deur die Maatskappy, sal dan geag word asof dit gedurende die Versekeringstydperk gemaak is.
3. Ander versekering
Hierdie Afdeling van die Polis sal nie bydra tot enige ander skadeloosstellingsversekering nie, behalwe ten opsigte van enige bybetaling bo en behalwe die bedrag betaalbaar kragtens sodanige ander versekering.
4. Bedrog
Indien enige aangeleentheid wat onder hierdie Afdeling van die Polis aangemeld word op enige manier bedrieglik is, of as bedrieglike metodes of toestelle deur die Versekerde of iemand wat namens die Versekerde optree, gebruik word, hetsy met of sonder hul medewete of toestemming, om enige voordeel onder hierdie Afdeling te bekom, of as enige gebeurtenis deur die opsetlike optrede van, of oogluikend deur die Versekerde veroorsaak word, sal die voordeel ten opsigte van enige sodanige eis onder hierdie Afdeling verleen, verbeur word.
5. Eerste bedrag betaalbaar
Indien die Maatskappy die Versekerde skadeloosstel of instem om hom/haar skadeloos te stel, sal die Maatskappy slegs aanspreeklik wees vir die bedrag van die verlies wat die eerste bedrag betaalbaar oorskry.
6. Eise ingestel en aangemeld
Die versekering wat verleen word kragtens hierdie Afdeling van die polis, word uitsluitlik verleen in terme van eise wat eers teen ʼn direkter ingestel is, gedurende die versekeringstydperk, of die Verlengde aanmeldingstydperk en op voorwaarde dat sodanige voorafgaande eise eers aangemeld is by die Maatskappy so spoedig moontlik, maar in alle gevalle nie later as, of gedurende die versekeringstydperk of die Verlengde aanmeldingstydperk nie, indien van toepassing.
7. Erkenning van aanspreeklikheid
Die Versekerde sal geensins aanspreeklikheid erken, of aanvaar, betrokke raak in enige skikkingsooreenkoms, of instem tot enige uitspraak, sonder die vooraf skriftelike toestemming van die Maatskappy nie. Slegs uitsprake voortspruitend uit eise wat verdedig is in ooreenstemming met hierdie Afdeling van die Polis sal verhaalbaar wees as ʼn verlies kragtens hierdie Afdeling. Indien die Versekerde hierdie Voorwaarde verbreek, sal hierdie Afdeling van die Polis geen dekking ten opsigte van daardie eis bied nie.
8. Geen dekking om toe te pas nie/veranderings in risiko
Dekking vir enige eis sal slegs van toepassing wees op wederregtelike dade begaan terwyl die direkteur in sodanige amp vir die Versekerde dien.
Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees om enige skadeloosstelling te verleen in verband met enige eis wat voortspruit uit, of gebaseer word op, of toegeskryf word, aan ʼn wederregtelike daad wat gepleeg is nadat ʼn transaksie plaasgevind het nie.
9. Ondertekenaar van aansoekvorm
Enige wanvoorstelling of nie-openbaarmaking weens die oneerlikheid van enige ondertekenaar van die aansoekvorm wat verskaf word, gepleeg deur daardie ondertekenaar, terwyl hy/sy as direkteur optree voordat hy/sy sodanige aansoekvorm teken, sal nie toerekenbaar wees aan enige ander direkteur nie.
10. Subrogasie
Indien skadeloosstelling ingevolge hierdie Afdeling van die Polis deur die Maatskappy toegestaan word, sal die Maatskappy gesubrogeer wees ten opsigte van alle verhaalregte van die Versekerde, hetsy betaling wel gemaak is al dan nie en, of die Versekerde ten volle vergoed is vir werklike verlies of aanspreeklikheid of nie. Die Maatskappy sal daarop geregtig wees om sodanige regte in die naam van die Versekerde uit te oefen en af te dwing, wat die Maatskappy van alle redelike hulp en samewerking in die poging daartoe sal voorsien, insluitende om aan alle nodige instrumente en dokumente uitvoering te gee. Die Versekerde sal niks doen om hierdie regte te benadeel nie. Enige bedrag verhaal in oorskot van die Maatskappy se algehele betaling, sal aan die Versekerde terug betaal word, minus die koste wat die Versekerde aangegaan het ten opsigte van sodanige verhaling.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 147














































































   147   148   149   150   151