Page 146 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 146

 SKADELOOSSTELLINGSPERK
Die bedrag wat betaalbaar is met inbegrip van enige regskoste wat deur 'n eiser of enige aantal eisers van die Versekerde verhaalbaar is, en alle ander koste en uitgawes wat met die Maatskappy se toestemming aangegaan word, vir enige een gebeurtenis of reeks gebeurtenisse met een oorspronklike oorsaak of bron, sal nie die skadeloosstellingsperk vermeld in die Skedule oorskry nie.
In die geval waar enige een oorspronklike oorsaak aanleiding gee tot ʼn eis of ʼn reeks eise waarvoor skadeloosstelling verleen word in terme van meer as een Uitbreiding van hierdie Afdeling, sal elke Uitbreiding afsonderlik van toepassing wees en onderworpe wees aan sy eie Skadeloosstellingsperk;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy se aanspreeklikheid beperk sal wees tot die hoogste Skadeloosstellingsperk kragtens enige een van die Uitbreidings wat skadeloosstelling verleen vir ʼn eis of ʼn reeks eise.
Waar meer as een versekeringstydperk van hierdie Afdeling van die Polis gevolglik ʼn hernuwing of vervanging van toepassing mag wees, op ʼn oorspronklike oorsaak of bron, sal die Maatskappy se aanspreeklikheid beperk word tot die maksimum Skadeloosstellingsperk van enige een sodanige tydperke van versekering.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS
Die Maatskappy sal nie die Versekerde ten opsigte van die volgende skadeloosstel nie:
1. Asbes
voortspruitend uit, gebaseer op, of toeskryfbaar aan, regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur, of as gevolg van, of op enige manier betrekkende tot asbes, of enige materiaal wat asbes in enige vorm of hoeveelheid bevat.
2. Besoedeling
voortspruitend uit, gebaseer op, of toeskryfbaar aan die werklike, beweerde of dreigende storting, verspreiding, vrylating of ontsnapping van, of rekords rakende ʼn besoedelende stof; of enige versoek om te toets vir, te monitor, skoon te maak, te verwyder, te bekamp, te behandel, te ontgif of ʼn besoedelende stof te neutraliseer.
3. Boetes en straftoekennings
Vir enige boetes of straftoekennings, verlies van lisensie, die betaling van belastings of vergoeding, gelikwideerde of nie-vergoedende skade, insluitende bestraffende skadevergoeding, of die vermenigvuldigde gedeelte van veelvoudige skade, of enige bedrag wat volgens wet as onversekerbaar beskou word of teenstrydig is met openbare beleid.
4. Effekte
voortspruitend uit, gebaseer op, of toeskryfbaar aan, regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur, of as gevolg van, die werklike of bedoelde lysting, private plasing of openbare aanbieding van enige effekte van die Versekerde as ʼn Maatskappy;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
in die geval van enige private plasing of openbare aanbieding, die Maatskappy dit mag oorweeg om die Uitsondering te kanselleer, maar oorweging van sodanige kansellasie is onderworpe aan die ontvangs van die volgende van die Versekerde:
1.
2. 3.
ʼn geskrewe verklaring geteken en gedateer deur die Voorsitter of die Hoof Uitvoerende Beampte waarin, vermeld word dat die aanbod nie strydig is met die Bepalings van die Vereniging, Grondwet, Memorandum van Inlywing, wette of regulasies van die maatskappy nie en dat, nadat ondersoek ingestel is, na die beste van sy/haar kennis en oortuiging, hy/sy nie bewus is van enige omstandighede wat aanleiding kan gee tot ʼn eis teen die Versekerde nie;
ʼn afskrif van alle liassering en/of dokumente wat aangebied word, of aangebied is, aan enige toepaslike owerheid, en/of die bestaande, en/of voornemende aandeelhouers of effektehouers van die maatskappy;
sodanige bykomende premie soos die Maatskappy redelikerwys mag benodig; tesame met ʼn ooreenkoms van enige hersiene Bepalings, Voorwaardes en/of Uitsluitings soos deur die Maatskappy vereis mag word.
Direkteure- en amptenare aanspreeklikheid
  Bladsy | 144
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022









































































   144   145   146   147   148