Page 228 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 228
SPESIALE VOORWAARDES OUTOMATIESE BEËINDIGING
Die dekking wat deur hierdie Afdeling verleen word, sal outomaties staak wanneer die Versekerde die ouderdom van 75 (vyf en sewentig) jaar bereik.
KLOUSULES EN UITBREIDINGS
1. Blootstelling
Liggaamlike besering sal geag word verhongering, dors en blootstelling aan die elemente in te sluit wat regstreeks of onregstreeks die gevolg is van ʼn Padongeluk.
2. Kaping
Hierdie Polis is uitgebrei om liggaamlike besering van die Versekerde in te sluit in die geval van onwettige beslaglegging of wederregtelike uitoefening van beheer van ʼn voertuig waarin die Versekerde reisend is, waar sodanige beslaglegging gepaard gaan met geweld of die dreigement van geweld.
3. Terrorisme
Nieteenstaande enigiets strydig in Uitsondering 1 van hierdie Polis, sal die versekering ingevolge hierdie Polis, uitgebrei word om Dood, Permanente Algehele Ongeskiktheid en/of Mediese Uitgawes wat spruit uit “Terrorisme Aktiwiteit”, soos omskryf in die Beskerming van Grondwetlike Demokrasie teen Terrorisme en Verbandhoudende Aktiwiteite Wet, 2004 soos gewysig, in te sluit;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees nie om enige Voordeel aan die Versekerde te betaal wat voortspruit uit:
1. die uitvoering van verpligtinge deur die Versekerde in terme van die Verdedigingswet, 2002, of die Suid- Afrikaanse Polisiedienswet, 1995 op ʼn plek vanwaar militêre- of polisieaktiwiteite uitgevoer word; of
2. gevolglik op sodanige persoon se werklike verbintenis in enige militêre- of polisieaktiwiteite.
4. Traumaberading
In die geval van ʼn Versekerde Persoon wat onderwerp word aan gewelddadige optrede of ʼn traumatiese Padongeluk wat, volgens die redelike oordeel van die Maatskappy, aanleiding gee tot omstandighede wat berading regverdig, sal die Maatskappy, onderworpe aan die Bepalings en Voorwaardes van hierdie Afdeling, sodanige Versekerde Persoon vergoed vir konsultasiefooie wat werklik en redelikerwys deur sodanige Versekerde Persoon aangegaan is as gevolg van die gewelddadige optrede of traumatiese ongeluk;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die maksimum bedrag betaalbaar deur die Maatskappy sal R300 (drie honderd rand) per konsultasie en R3 000 (drie duisend rand) vir enige een Motorvoertuigongeluk wees;
2. gewelddadige optrede ʼn aanranding, roof, motorkaping of ʼn poging daartoe sal beteken;
3. die gewelddadige voorval so spoedig moontlik aan die polisie gerapporteer en ʼn saaknommer verkry is.
5. Verdwyning
In die geval van die verdwyning van ʼn Versekerde onder omstandighede waar die Maatskappy met ʼn redelike mate van sekerheid kan glo dat die Versekerde liggaamlike besering opgedoen het en dat sodanige liggaamlike besering tot die dood van die Versekerde onmiddellik voor sy/haar verdwyning gelei het, sal die Maatskappy op grond van die veronderstelde dood die Doodsvoordeel soos van toepassing onder hierdie Polis uitbetaal;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
indien, nadat die Maatskappy sodanige voordeel betaal het, daar gevind word dat die Versekerde leef, sal sodanige voordeel onmiddellik aan die Maatskappy terugbetaal word deur die Versekerde of die Versekerde se boedel, wat ook al die geval mag wees.
Enkel persoon reisend per pad
Bladsy | 226 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022