Page 230 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 230

 Elektroniese toerusting
  ELEKTRONIESE TOERUSTING
ONDERAFDELING A – MATERIËLE SKADE
OMSKREWE GEBEURTENISSE
1. Fisiese verlies of skade:
aan die versekerde eiendom wat in die Skedule beskryf word weens enige oorsaak wat nie hierna uitgesluit word nie, terwyl:
1.1 terwyl dit besig is om te werk of in rus is, enige plek binne die versekerde perseel soos omskryf;
1.2 in transito met inbegrip van oplaai en aflaai of terwyl dit tydelik op enige perseel onderweg gestoor word;
1.3 tydelik verwyder van die versekerde perseel na enige ander perseel.
2. Verliese as gevolg van weerlig en kragstuwing:
aan eiendom in die Skedule beskryf ;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. moet deur enige SANS (Suid Afrikaanse Nasionale Standaard) goedgekeurde kragstuwingsbeskermer beskerm word wat geinstaleer is op alle data lyne, kragvoorsieners, elektriese verdeelborde of losstaande elektroniese toerusting op die versekerde perseel wat aan die SANS standaarde en vereistes voldoen;
2. die Versekerde sal verantwoordelik wees vir ʼn bykomende eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met 'n minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand) indien daar nie aan 1 hierbo voldoen word nie.
3. Verliese as gevolg van afstandbeheerde versperring
3.1 Indien die Versekerde deur videowaarneming of beeldmateriaal (of enige ander onweerlegbare bewys) kan demonstreer dat ʼn poging aangewend is om die voertuig met behulp van die voertuigafstandbeheer te sluit, maar dat die sluitmeganisme deur diewe deur middel van ʼn elektroniese toestel versper is, sal sodanige bewys geag word voldoende te wees om aan die vereistes van kragdadige en gewelddadige betreding of verlating te voldoen vir enige verlies uit die kajuit of kattebak van die voertuig;
3.2 Waar die Versekerde volhou dat die voertuig gesluit was, maar daar geen bewys van kragdadige en gewelddadige betreding of verlating van sodanige voertuig is nie, dekking oorweeg mag word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die polisie-saaknommer aan die Maatskappy voorsien word;
2. dekking sal slegs van toepassing wees op eiendom wat afsonderlik en individueel in die Skedule gespesifiseer is;
3. na aftrekking van die gegewe eerste bedrag betaalbaar vermeld in die Skedule, die aanspreeklikheid van die Maatskappy verder beperk word tot die verminderde gegewe versekerde bedrag vermeld in die Skedule of R25 000 (vyf en twintig duisend rand) wat ook al die minste is, ten opsigte van enige een gebeurtenis;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
indien die verlies van, of skade, erken word in terme van 3.2 hierbo vermeld, sal die Versekerde verantwoordelik wees vir ʼn bykomende eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R1 000 (een duisend rand) of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule.
 Bladsy | 228 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022











































































   228   229   230   231   232