Page 231 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 231
Elektroniese toerusting
SPESIFIEKE UITSONDERINGS (van toepassing op Onderafdeling A)
Die Maatskappy is nie aanspreeklik om die Versekerde skadeloos te stel nie, ongeag die oorspronklike oorsaak, ten opsigte van:
1. die eerste bedrag betaalbaar:
soos vermeld in die Skedule ten opsigte van Onderafdeling A, van ieder en elke gebeurtenis wat tot ʼn eis aanleiding gee. Indien meer as een item van die versekerde eiendom fisiese verlies of skade tydens enige enkele gebeurtenis opdoen, is die eerste bedrag betaalbaar die hoogste enkele bedrag van toepassing op sodanige versekerde eiendom;
2. ontwrigting:
tensy dit gepaard gaan met fisiese skade wat andersins deur die Afdeling verseker word
3. instandhoudings- en/of huurooreenkoms:
verlies of skade verhaalbaar ingevolge enige instandhoudings- en/of huurooreenkoms wat deur of namens die Versekerde aangegaan is en wat die versekerde eiendom verseker;
4. foute of gebrekke:
wat bekend is aan die Versekerde (of hul verantwoordelike werknemers) ten tye van die uitneem van hierdie versekering of gedurende die geldigheidsduur van die versekering en wat nie aan die Maatskappy geopenbaar is of enige gevolge daarvan nie;
5. vermorsing:
van materiaal of slytasie van enige deel van die versekerde eiendom wat veroorsaak word deur of natuurlik ontstaan uit die gewone gebruik of werking of ander geleidelike agteruitgang, die ontwikkeling van swak kontakte of die skraap van geverfde of gepoleerde oppervlakke van kosmetiese aard;
6. onderdele met ʼn kort lewensduur:
soos (maar nie daartoe beperk nie) batterye, gloeilampe, kontakte, x-straal buise, katodestraalbuise, termioniese emissiebuise, sekerings en offerstroombane. Indien sodanige onderdele beskadig word as gevolg van fisiese verlies of skade aan ander Versekerde dele van die eiendom waarvoor daar voorsiening gemaak word in hierdie Onderafdeling, stel die Maatskappy die Versekerde skadeloos vir die reswaarde voor die verlies van sodanige uitruilbare dele;
7. verweer en slytasie:
of geleidelike agteruitgang (insluitende die geleidelike invloed van lig, klimaat of atmosferiese toestande), tensy dit volg op ʼn ongeluk of teenspoed andersins nie uitgesluit nie;
8. die skoonmaakproses:
die ondergaan van ʼn proses van skoonmaak, herstel, verandering of restourasie;
9. koste van herinstelling:
die koste van herinstelling van data en/of programme, hetsy opgeneem op rekenaarhardeskywe, diskette, bande, kaarte, of anders tensy spesifiek daarvoor voorsiening gemaak is in Onderafdeling B hiervan;
10. gebruiksverlies:
van die eiendom of ander gevolglike verlies, skade of aanspreeklikheid van welke aard ook al, behalwe verliese waarvoor hierin spesifiek voorsiening gemaak word, of as gevolg van onafskeidelike en verborge euwels, ongediertes, insekte, vogtigheid, muf of roes;
11. aanhouding en regterlike proses:
aanhouding, konfiskering, verbeurdverklaring, beslaglegging, inbeslagneming of vordering uitgevoer deur enige wettig ingestelde owerheid of ander regterlike prosesse of vorderings deur Doeane- of ander beamptes;
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 229