Page 232 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 232
12. verlies, diefstal of verdwyning:
12.1 vanaf die perseel:
van die versekerde eiendom tensy dit gepaard gaan met sigbare tekens van kragdadige en gewelddadige betreding of verlating van die versekerde perseel/ligging;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Uitsondering nie op Skootrekenaars/Nota boeke/palmrekenaars asook alle ander draagbare rekenaartoerusting, apart in die Skedule gespesifiseer, van toepassing is nie;
12.2 terwyl in transito:
van die versekerde eiendom deur diefstal wat gepaard gaan met sigbare tekens van kragdadige en gewelddadige betreding tot die voertuig tydens transito of terwyl dit tydelik van die versekerde perseel verwyder is, tensy dit deur die Versekerde geïdentifiseer kan word as 'n spesifieke voorval wat onmiddellik aan die polisie en die Maatskappy gerapporteer is;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
indien die voertuig wat die versekerde eiendom vervoer, gekaap word, of in ʼn botsing betrokke is, of onklaar raak en, weens omstandighede buite die beheer van die voertuigbemanning/bestuurder, die versekerde eiendom noodgedwonge onbewaak gelaat word, sal Spesifieke Uitsondering 12.2 hierbo nie van toepassing wees nie;
12.3 onbewaakte voertuig:
indien sodanige verlies uit ʼn onbewaakte voertuig plaasvind; MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die eiendom versteek is in ʼn heeltemal toe voertuig wat behoorlik gesluit is; of
2. die voertuig self in behoorlike gesluite gebou gehuisves word; en
3. toegang tot, of verlating van sodanig geslote voertuig of gebou gepaard gaan met sigbare tekens van kragdadige en gewelddadige betreding of verlating.
SKADELOOSSTELLINGSGRONDSLAG
Die skadeloosstelling ingevolge hierdie Onderafdeling, is altyd onderhewig aan die gegewe versekerde bedrae vermeld in die Skedule of enige spesifieke aanspreeklikheidsperk wat in hierdie Onderafdeling vermeld word, sal soos hierna vermeld word en soos van toepassing met inbegrip van demontering, heroprigting, vervoer, verwydering van beskadigde versekerde eiendom (maar minus die waarde van die oorblywende eiendom) en, waar van toepassing, invoerbelasting en belasting op toegevoegde waarde.
1. Gedeeltelike verlies
Indien die versekerde eiendom skade opdoen wat herstelbaar is, sal die skadeloosstellingsgrondslag die herstelkostes wees wat noodsaakliker- en redelikerwys aangegaan word om die beskadigde eiendom tot ʼn werkende toestand te herstel
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. 2.
3.
4.
die waarde van beskadigde onderdele wat gebruik kan word, afgetrek word;
die koste van enige verandering, toevoeging, verbetering of opknapping wat ten tye van die herstelwerk uitgevoer word nie kragtens hierdie Onderafdeling verhaalbaar is nie;
indien tydelike herstelwerk sonder die Maatskappy se toestemming deur die Versekerde uitgevoer is in belang van veiligheid, of om verdere verlies of skade aan die versekerde eiendom te voorkom, sal die koste van sodanige tydelike herstelwerk deur die Maatskappy gedra word. In geval die tydelike herstelwerk die verlies vererger of bykomende verlies of skade aan die versekerde eiendom veroorsaak, moet enige bykomende koste wat so opgeloop word of die gevolge daarvan, deur die Versekerde betaal word;
indien die skade beperk is tot 'n deel of dele van 'n versekerde item, die Maatskappy nie aanspreeklik is vir 'n bedrag groter as die waarde van sodanige verlore of beskadigde deel of dele waarvoor in die versekerde bedrag voorsiening gemaak is nie.
Elektroniese toerusting
Bladsy | 230
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022