Page 234 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 234
EWEREDIGHEID
Ten opsigte van 1 (Gedeeltelike Verlies) en 2 (Totale verlies) hierbo, indien die bedrag wat die koste verteenwoordig wat aangegaan sou wees ter vervanging, herinstel of herstel as al die versekerde eiendom verlore of beskadig is ten tye van die vervanging of herstel, die bedrag oorskry waarteen dit verseker is by die aanvang van enige verlies van of skade aan sodanige eiendom, sal die Versekerde as sy eie versekeraar geag word vir die verskil en dra hy dienooreenkomstig ʼn eweredige deel van die verlies of skade. Elke item van hierdie Afdeling (indien meer as een) waarop hierdie voorwaardes van toepassing is, is afsonderlik aan dié Bepaling onderworpe.
AANSPREEKLIKHEIDSPERK
Die aanspreeklikheidsperk ten opsigte van elk van die items wat in die Skedule gespesifiseer word, mag hoogstens die versekerde bedrag beloop wat daarteenoor aangegee word en daarbenewens die volgende:
1. Argitek- en ander professionele fooie
Professionele gelde wat noodsaakliker- en redelikerwys aangegaan word vir die herstel of vervanging van eiendom na skadeloosstelbare verlies of skade;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die betaalbare bedrag ten opsigte van sodanige fooie hoogstens 20% (twintig persent) van die algehele bedrag van die eis beloop, maar sluit nie koste in wat aangegaan is in verband met die voorbereiding van die Versekerde se eis nie.
2. Opruimingskoste
Koste wat noodsaakliker- en redelikerwys deur die Versekerde aangegaan word ten opsigte van die sloping of demontering van eiendom en/of puinverwydering en by die verskaffing, oprigting en instandhouding van skuttings en ander soortgelyke strukture wat vereis word gedurende sloping, demontering, puinverwydering en herbouing na skadeloosstelbare verlies van of skade aan sodanige eiendom;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die algehele verhaalbare bedrag hoogstens 20% (twintig persent) van die algehele bedrag van die eis beloop.
3. Spoedaflewering en oortyd
Bykomende heffings vir spoedaflewering, lugvrag, oortyd Sondag- en vakansieloonkoerse is betaalbaar ten opsigte van die noodsaaklike en redelike bykomende koste wat deur die Versekerde aangegaan is vir die herstel of vervanging wat deur die Maatskappy goedgekeur is, beperk tot 50% (vyftig persent) van die bedrag wat die herstel of vervanging sou kos indien hierdie bykomende koste nie aangegaan was nie.
KLOUSULES EN UITBREIDINGS (van toepassing op Onderafdeling A) Huurders
Hierdie versekering word nie ongeldig gemaak deur enige handeling of versuim aan die kant van ʼn huurder van die Versekerde nie (indien die Versekerde die gebou besit) of ʼn ander huurder, of die eienaar van die gebou (indien die Versekerde ʼn huurder is);
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Versekerde die Maatskappy in kennis stel sodra hul van sodanige handeling bewus word en hul enige bykomende premie betaal wat voortspruit uit die Maatskappy se aanvaarding van enige bykomende risiko.
Huurkoop-/finansieringsooreenkomste
Indien die Maatskappy kennis dra dat die versekerde eiendom of enige individuele item daarvan die onderwerp is van 'n opskortende verkoops- of soortgelyke ooreenkoms, word betaling hieronder gemaak aan die eienaar wat daarin beskryf word wie se kwitansie dien as volle en finale ontslag van die Maatskappy ten opsigte van verlies of skade wat ingevolge hierdie Onderafdeling van die Polis skadeloos gestel word.
Elektroniese toerusting
Bladsy | 232 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022