Page 236 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 236

 Elektroniese toerusting
 OMSKRYWINGS (van toepassing op Onderafdeling B)
 Skadeloosstellingstydperk
   Die tydperk waartydens die resultate van die besigheid beïnvloed word
as gevolg van die ongeval wat begin met die getal ure/dae in die Skedule vermeld as die tyduitsluiting na die plaasvind van ʼn ongeval en wat eindig nie later nie as die verstryking van die tydperk in die Skedule uiteengesit as die skadeloosstellingstydperk na sodanige gebeurtenis.
Die tyduitsluiting is nie van toepassing nie op verlies of skade regstreeks deur brand, storm (met uitsluiting van weerlig), insakking, wind of die ineenstorting van die geboue veroorsaak
   Ongeval (slegs van toepassing op verhoogde bedryfskoste)
  Fisiese verlies van, of skade aan die versekerde eiendom in die Skedule omskryf weens enige oorsaak waarvoor daar ingevolge Onderafdeling A van hierdie Afdeling voorsiening gemaak is, welke aanspreeklikheid ingevolge die Onderafdeling, behalwe vir bepalings met betrekking tot die eerste bedrag betaalbaar of
die onderhouds-/huurooreenkomste, sal ʼn voorwaarde vir aanspreeklikheid hierkragtens wees:
1. Versuim van die openbare voorsiening van elektrisiteit by die eindpunte van die voorsieningsowerhede in die perseel weens enige toevallige oorsaak behalwe:
1.1 die opsetlike daad van die Versekerde of enige voorsieningsowerheid;
1.2 droogte of brandstof tekort by enige elektrisiteitvoorsieningsowerheid;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die aanspreeklikheid van die Maatskappy sal nie die versekerde bedrag vir hierdie Onderafdeling oorskry nie;
2. die skadeloosstellingstydperk begin 12 (twaalf) ure na die onderbreking en eindig nie later nie as 30 (dertig) dae na sodanige onderbreking
  AANSPREEKLIKHEIDSPERK
Die aanspreeklikheidsperk van die Maatskappy beloop hoogstens die bedrae gespesifiseer in die Skedule (in verband met Onderafdeling B) ten opsigte van enige enkele ongeval, of reeks ongevalle wat voortspruit uit, of in verband met, enige enkele gebeurtenis.
In die geval van die betaling van enige bedrag of bedrae deur die Maatskappy ter kwytskelding van die Maatskappy se aanspreeklikheid ingevolge hierdie Onderafdeling, word die versekerde bedrag of bedrae outomaties herstel vir die oorblywende deel van die versekeringstydperk.
Die Versekerde betaal aan die Maatskappy die bykomende premie vereis deur die Maatskappy pro-rata bereken vanaf die datum van die ongeval tot die einde van die versekeringstydperk.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS (van toepassing op Onderafdeling B)
Tensy spesifiek voorsiening gemaak vir:
1. Boetes en straftoekennings
die Maatskappy is nie aanspreeklik om die Versekerde skadeloos te stel ten opsigte van boetes of straftoekennings vir kontrakbreuk, die laat uitvoering van bestellings of vir enige bestraffing van welke aard ook al nie.
2. Verlies aan wins
die Maatskappy is nie aanspreeklik om die Versekerde skadeloos te stel ten opsigte van verlies aan wins of gevolglike verlies van welke aard ook al nie.
 Bladsy | 234 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022









































































   234   235   236   237   238