Page 237 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 237

 Elektroniese toerusting
 SPESIFIEKE VOORWAARDES Beveiligingsmaatreëls
Die Versekerde sal voortgaan om gebruik te maak van alle beveiligingsmaatreëls wat op die perseel in plek gestel is, op ooreengekom of op enige wyse voorgestel is om teenwoordig te wees, doeltreffend in stand te hou om toegang of verlating deur diewe te voorkom of te belemmer of na te spoor.
In die mate waartoe enige van hierdie beveiligingsmaatreëls ten tye van enige verlies foutief is, sal die Maatskappy nie aanspreeklik wees ingevolge hierdie Afdeling nie, tensy die Versekerde kan bewys dat sodanige foute:
1. nie redelikerwys deur die Versekerde opgespoor kon word nie of waar dit wel opgespoor kon word nie redelikerwys reggestel kon word voor die verlies plaasgevind het nie, en dat voldoende alternatiewe beveiligingsmaatreëls ingestel is en die Maatskappy so gou moontlik daarvan in kennis gestel is;
2. geensins kon bydra tot die diewe se vermoë om die perseel of enige deel daarvan binne te gaan, daarin te bly en daaruit te ontsnap nie of die moontlikheid te verminder dat hul ondek kon word nie.
Diefalarm vereiste
Dit is ʼn voorvereiste tot die aanspreeklikheid van die Maatskappy dat indien daar ʼn diefalarm by die versekerde perseel geïnstalleer is, daar aan die volgende vereistes voldoen word:
1. die diefalarm wat op die perseel geïnstalleer is, moet ten volle geaktiveer wees wanneer die perseel nie vir normale sakebedrywighede oop is nie, behalwe as enige prinsipaal, vennoot, direkteur of werknemer op die perseel is;
2. die versekering sal nie verlies van of skade aan eiendom insluit weens die gebruik van sleutels, die kontrolepaneelkode of afstandbeheer van die diefalarm, of enige duplikaat daarvan, wat aan die versekerde behoort, tensy genoemde sleutels, kontrolepaneelkode of afstandbeheer deur middel van diefstal bekom is nie.
Tensy spesifiek gespesifiseer tot die teendeel, sal alle persele deur só ʼn diefalarm beskerm word en verder word dit vereis dat:
1. die kontrak vir enige diefalarm die dienste van ʼn 24-uur gewapende reaksie-eenheid moet insluit;
2. die kontrolepaneel ʼn gebeurtenis-logboek sal hê waarin die aktivering en deaktivering van die alarmstelsel genoteer word, en na die gebeurtenis wat aanleiding gee tot ʼn eis, sal die Maatskappy daarop geregtig wees om alle inligting van die relevante logboek te versoek;
3. sodanige alarm in goeie werkende toestand gehou sal word, dit sal geag word dat die Versekerde hy/sy verpligtinge nagekom het ten opsigte van die instandhouding van die alarm deur middel van ʼn instandhoudingskontrak met die installerings-/diensmaatskappy van die alarmstelsel;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
dekking sal steeds van krag wees terwyl die alarmstelsel nie in ʼn werkende toestand is nie weens die onderbreking van die openbare elektrisiteitsvoorsiening vanaf die eindpunte van die voorsieningsgesag se bron van toevoer, en dat sodanige onderbreking nie as gevolg van enige aksie of nalatigheid van die Versekerde is nie.
Diefwering en veiligheidshekke
Dit is ʼn voorvereiste tot aanvaarding van aanspreeklikheid ten opsigte van hierdie Afdeling dat alle buitedeure met veiligheidshekke toegerus is en alle oopmaak gedeeltes van eksterne vensters deur middel van diefwering beskerm word, tensy andersins spesifiek gespesifiseer in die Skedule.
Heropstel
Nieteenstaande enigiets teenstrydig wat in hierdie Onderafdeling vervat word, word hiermee verklaar en ooreengekom dat, in geval van enige onderbreking wat volg op verlies of skade en wat vererger word deur:
1. die Versekerde se onvermoë of onwilligheid om die vernietigde of beskadigde eiendom te vervang of te herstel, of sy versuim om sodanige vervanging of herstel binne redelike tyd uit te voer; of
2. verbouings, toevoegings of verbeterings aan die versekerde eiendom wat tydens die herstel aangebring word;
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 235












































































   235   236   237   238   239