Page 235 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 235
Elektroniese toerusting
Opgradering van sagteware
Waar die Maatskappy aanspreeklikheid ten opsigte van ʼn eis aanvaar het, sal die Maatskappy bykomend tot enige ander bedrag die koste betaal wat redelikerwys aangegaan is vir die herinstelling of opgradering van sagteware van die stelsel waarop die verlies of skade gely is;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die koste vir die vervanging of opgradering van die sagteware beperk word tot 20% (twintig persent) van die waarde van die versekerde toerusting of R5 000 (vyf duisend rand), wat ook al die minste is;
2. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van R750 (sewe honderd en vyftig rand) vir ieder en elke opgradering of vervanging;
3. hierdie Uitbreiding afsonderlik en individueel op elke item van toepassing sal wees.
ONDERAFDELING B – GEVOLGLIKE VERLIES OMSKREWE GEBEURTENISSE
Die versekering wat deur hierdie Onderafdeling verleen word, is onderworpe aan die skadeloosstellingsperke vermeld in die Skedule en sluit in:
1. Verhoogde bedryfskoste
Die versekering ingevolge hierdie item word beperk tot die bykomende koste en uitgawes wat noodsaakliker- en redelikerwys gedurende die skadeloosstellingstydperk, wat drie (3) maande is, deur die Versekerde aangegaan word as gevolg van die ongeval, met die uitsluitlike doel om die onderbreking of belemmering van die normale werksaamhede van die Versekerde te voorkom of tot die minimum te beperk, wat nie R10 000 (tien duisend rand) oorskry nie minus enige bedrag bespaar tydens die skadeloosstellingstydperk ten opsigte van sodanige heffings en uitgawes van die besigheid wat mag staak of verminder word as gevolg van die ongeval. ʼn Tydsuitsluiting (tydsbybetaling) van 24 (vier en twintig) uur sedert die tyd van verlies is hier van toepassing;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die skadeloosstelling ingevolge hierdie item nie regstreeks of onregstreeks van toepassing is nie op:
1. die dekking waarvoor ingevolge item 2 van hierdie Onderafdeling voorsiening gemaak word;
2. die intrinsieke waarde (met inbegrip van herstelwaarde) van die eiendom verseker ingevolge Onderafdeling A van hierdie Afdeling.
2. Heropstel van data/programmatuur
Die versekering onder hierdie Afdeling is uitgebrei om voorsiening te maak vir koste en uitgawes noodsaakliker- en redelikerwys deur die Versekerde aangegaan vir die heropstel of hersamestelling van data en/of programmatuur opgeneem of gestoor op datadraende media wat verlore raak as gevolg van toevallige uitwissing, of deur diefstal, of deur die opsetlike, kwaadwillige of moedswillige bedoeling om die kansellasie of ontwrigting van data of programmatuur te veroorsaak, onderworpe aan Algemene Uitsonderings 1, 3 en 4 en Spesifieke Uitsonderings 2, 3, 4 en 5 soos omskryf in Onderafdeling A van hierdie Afdeling tot ʼn maksimum bedrag van R10 000 (tien duisend rand);
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die skadeloosstelling nie uitgebrei word om sodanige koste opgeloop vanweë programmatuurfoute, foutiewe invoer, of die onopsetlike kansellasie of ontwrigting van data en/of programmatuur in te sluit nie;
2. ten opsigte van elke gebeurtenis of reeks gebeurtenisse wat voortspruit uit, of verband hou met, een oorspronklike oorsaak of oorsprong wat ingevolge hierdie item skadeloos gestel word, die Versekerde verantwoordelik is vir die Eerste Bedrag Betaalbaar van R750 (sewe honderd en vyftig rand);
3. indien die Versekerde kies om programmatuur (sagteware) te verseker, 'n Skedule van sodanige programmatuur by die aanvang van elke versekeringstydperk by die Maatskappy ingedien word.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 233