Page 240 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 240

 5. verlies of skade wat verband hou met of veroorsaak word deur enige gebeurtenis waarna daar in Algemene Uitsondering 1.1.2, 1.1.3, 1.1.4, 1.1.5 of 1.1.6 van hierdie Polis verwys word, of enige optrede van enige wettig ingestelde owerheid in beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige ander wyse gehandel word, met sodanige gebeurtenis.
Indien die Maatskappy uit hoofde van voorbehoudsbepaling 1, 2, 3, 4 of 5 hierbo kan bewys dat hierdie Afdeling nie verlies of skade insluit nie, rus die onus op die Versekerde om die teendeel te bewys.
Telekommunikasie verbindingslyne
Onderworpe aan die perke wat in die Skedule gespesifiseer word, word gevolglike verlies soos voorsien in Omskrewe Gebeurtenisse 1 en 2 van Onderafdeling B wat ontstaan uit die toevallige onderbreking van die telekommunikasie- verbindingslyne ingesluit;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy se aanspreeklikheid hoogstens die gegewe versekerde bedrag ingevolge hierdie Onderafdeling beloop;
2. die skadeloosstellingstydperk 12 (twaalf) ure na die onderbreking begin en nie later nie as 30 (dertig) dae na sodanige onderbreking eindig;
3. die versekering nie dekking verleen vir verlies veroorsaak deur die opsetlike optrede van enige telekommunikasie- owerheid of deur die uitoefening van sy reg om toegang tot sy verbindingslyne te beperk of te weerhou nie.
Elektroniese toerusting
  Bladsy | 238 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022

























































































   238   239   240   241   242