Page 241 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 241

 Masjinerie Breekskade
  OMSKREWE GEBEURTENISSE
MASJINERIE BREEKSKADE
Enige onvoorsiene en onverwagse fisiese skade aan die masjinerie omskryf in die Skedule te wyte aan enige oorsaak wat nie uitgesluit is nie terwyl dit:
1. besig is om te werk of dit in rus is;
2. afgetakel word met die doel om skoongemaak, geïnspekteer, opknapping of verskuif te word na ʼn ander ligging of in die loop van hierdie bedrywighede op sigself of daarna tydens heroprigting binne die Versekerde se perseel.
SKADELOOSSTELLINGSGRONDSLAG
Ongeag die oorspronklike oorsaak, sal die bedrag betaalbaar deur die Maatskappy bepaal word deur:
1. Die versekerde bedrag
Die Versekerde en die Maatskappy kom uitdruklik ooreen dat die versekerde bedrag vir elke item van masjinerie ten alle tye die nuwe vervangingswaarde sal wees, insluitend die vragkostes, doeaneregte en oprigtingskoste.
2. Eweredigheid
Indien die versekerde bedrag van enige item van masjinerie minder is as die nuwe vervangingswaarde insluitende vragkostes, doeaneregte en oprigtingskoste word die Versekerde geag as hul eie versekeraar vir die verskil en moet hul dienooreenkomstig na verhouding ʼn eweredige deel van die verlies dra.
3. Gedeeltelike skade
As die skade herstel kan word, sal die Maatskappy die redelike koste van herstel tot ʼn werkende toestand betaal gebaseer op die gewone loontariewe in die distrik asook die normale vragkoste, oprigtingskoste en doeaneregte.
4. Totale verlies
Indien die herstelkoste soos omskryf in 1 hierbo die werklike waarde van die masjinerie onmiddellik voor die gebeurtenis ewenaar of oorskry, sal sodanige masjinerie geag word ʼn totale verlies te wees en sal die Maatskappy die werklike waarde van die masjinerie net voor die ongeluk betaal wat bereken sal word as die nuwe vervangingswaarde
5. Herstel, herinstel of vervanging
Die Maatskappy mag na keuse besluit om enige beskadigde masjinerie te herstel, herinstel, vervang, of die bedrag van die skade in kontant te betaal.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS
Die Maatskappy sal nie verantwoordelik wees om die volgende te betaal nie:
1. die bedrag gespesifiseer in die Skedule as die Eerste Bedrag Betaalbaar deur die Versekerde vir ieder en elke gebeurtenis;
2. skade as gevolg van:
2.1 brand, weerlig en ontploffing:
brand, die blus van ʼn brand, direkte weerlig, ontploffing;
2.2 diefstal, ineenstorting, impak van klankgolwe:
diefstal, ineenstorting van geboue, botsing met diere, voertuie, vliegtuie en ander lugtoestelle of voorwerpe wat daaruit of daarvan val, klank-skokgolwe;
2.3 water wat uit waterhoudende toestelle lek, insluitende ontlading of lekkasie van enige sprinkeltoestel of deurdrenkingstelsel;
2.4 insakking, grondverskuiwing, storm, oorstroming, hael, sneeu, aardbewing, vulkaniese uitbarsting, ander natuurlike skuddings of enige gevolglike aftakeling;
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 239






































































   239   240   241   242   243