Page 243 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 243

 Sake onderbreking (Masjinerie breekskade)
  SAKE-ONDERBREKING (MASJINERIE BREEKSKADE)
OMSKREWE GEBEURTENISSE
Skade aan masjinerie wat in die Skedule in hierdie Afdeling gespesifiseer word en deur die Versekerde by die persele vir die doel van besigheid gebruik word, wat lei tot onderbreking of belemmering van die besigheid;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die betaling gemaak word, of aanspreeklikheid erken is vir Skade onder die Masjinerie Breekskade-afdeling tensy ʼn Bepaling van krag mag wees om verliese onder ʼn spesifieke bedrag uit te sluit.
SPESIFIEKE VOORWAARDES
1. Die versekering ingevolge hierdie Afdeling sal staak indien die besigheid in likwidasie gaan of as dit voortgesit word deur 'n likwidateur of geregtelike bestuurder, of as dit permanent gesluit word, behalwe met die skriftelike ooreenkoms van die Maatskappy.
2. By die plaasvind van enige Skade, wat as gevolg daarvan 'n eis onder hierdie Afdeling mag instel, moet die Versekerde, benewens om te voldoen aan Algemene Voorwaardes 8 en 9, alles noulettend doen, instem en toelaat dat alles wat redelikerwyse uitvoerbaar mag wees, gedoen word om die onderbreking of belemmering van die besigheid te minimaliseer of te keer of om die verlies te vermy of te verminder. Indien 'n eis ingevolge hierdie Afdeling ingestel word, moet die Versekerde binne 30 (dertig) dae na die verstryking van die Skadeloosstellingstydperk, of binne enige tydsverlenging wat die Maatskappy skriftelik mag toestaan, op eie koste 'n skriftelike opgaaf aan die Maatskappy lewer waarin besonderhede van die eis verstrek word tesame met besonderhede van alle ander versekering wat die verlies of enige deel daarvan of enige gevolglike verlies van enige aard wat daaruit voortspruit, verseker.
Geen eis ingevolge hierdie Afdeling sal betaalbaar wees tensy die bepalings van hierdie Spesifieke Voorwaardes nagekom is nie en, in die geval van nienakoming in enige opsig, sal enige betaling wat reeds ten opsigte van die eis gemaak is, onmiddellik aan die Maatskappy terugbetaal word.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS
Hierdie Afdeling sluit nie enige verlies, of eis wat spruit uit die onderbreking van, of inmenging met enige besigheid direk, of indirek te wyte aan die volgende oorsake in nie:
1. tekort, vernietiging, verslegting van of skade aan grondstowwe, halfklaar of klaar produkte, of ander materiaal benodig vir behoorlike werkverrigting, selfs al word die gevolge van materiële skade aan ʼn item in die Skedule van hierdie Afdeling beskryf;
2. enige beperkings op heropbou of werkverrigting voorgeskryf deur enige openbare owerheid;
3. die Versekerde nie betyds genoegsame fondse vir die herstel of vervanging van vernietigde of beskadigde masjinerie beskikbaar het nie;
4. verlies van besigheid as gevolg van oorsake soos opskorting, verstryking of kansellasie van ʼn huurkontrak, lisensie, bestelling, ens., wat voorkom na die datum waarop die masjinerie en aanleg wat geaffekteer is deur ʼn ongeluk, weer in werkende toestand is en die besigheid voortgesit kan word, as dit nie was dat voorafgenoemde huurkontrak, lisensie, bestelling, ens. opgeskort, verval of gekanselleer is nie;
5. die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees vir verlies wat voortspruit uit ʼn onderbreking, of inmenging met die besigheid as gevolg van toevoegings, veranderinge of verbeteringe wat aan die beskadigde item(s) in die verloop van die herstelproses, gemaak word nie.
MEMORANDUM
Indien goedere gedurende die skadeloosstellingstydperk tot voordeel van die onderneming of deur die Versekerde of deur ander namens die Versekerde elders as by die persele verkoop word of dienste gelewer word, sal die geld betaal of betaalbaar ten opsigte van sodanige verkope of dienste in aanmerking geneem word by die vasstelling van die omset of inkomste gedurende die skadeloosstellingstydperk.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 241















































































   241   242   243   244   245