Page 245 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 245

 Sake onderbreking (Masjinerie breekskade)
 GRONDSLAG VIR SKIKKING VAN VERLIES
1. Bruto wins (verskilgrondslag)
Die versekering kragtens hierdie item is beperk tot verlies van bruto wins weens die vermindering in omset en verhoging in bedryfskoste en die bedrag daarkragtens betaalbaar, is:
1.1 Vir vermindering in omset:
die bedrag verkry deur die bruto winskoers toe te pas op die bedrag waarmee die omset gedurende die skadeloosstellingstydperk as gevolg van die Skade by die standaardomset te kort skiet;
1.2 Vir verhoging in bedryfskoste:
die bykomende uitgawe noodsaaklikerwys en redelikerwys aangegaan met die uitsluitlike doel om die vermindering in omset te vermy of te verminder wat as gevolg van Skade gedurende die skadeloosstellingstydperk sou plaasgevind het, indien daardie uitgawes nie aangegaan was nie, maar hoogstens die bedrag verkry deur die bruto winskoers toe te pas op die bedrag van die vermindering daardeur vermy;
minus enige bedrag gedurende die skadeloosstellingstydperk bespaar ten opsigte van sodanige kostes en uitgawes van die onderneming wat uit die bruto wins betaalbaar mag wees en wat gestaak of verminder mag word as gevolg van die Skade;
MET DIEN VERSTANDE DAT
die bedrag betaalbaar na verhouding verminder word, indien die versekerde bedrag ten opsigte van die bruto wins minder is as die bedrag wat verkry word, deur die bruto winskoers toe te pas op die jaarlikse omset indien die maksimum skadeloosstellingstydperk 12 (twaalf) maande of minder is, of die toepaslike veelvoud van die jaarlikse omset, indien die maksimum skadeloosstellingstydperk 12 (twaalf) maande oorskry
2. Inkomste
Die versekering kragtens hierdie item is beperk tot verlies aan inkomste en verhoging van bedryfskoste, en die bedrag daarkragtens betaalbaar as skadeloosstelling is:
2.1 Vir verlies van inkomste:
die bedrag waarmee die inkomste gedurende die skadeloosstellingstydperk, as gevolg van die Skade by die standaardinkomste te kort skiet;
2.2 Vir verhoging in bedryfskoste;
die bykomende uitgawes noodsaakliker- en redelikerwys aangegaan met die uitsluitlike doel om die verlies aan inkomste wat as gevolg van die Skade gedurende die skadeloosstellingstydperk sou plaasgevind het indien, daardie uitgawes nie aangegaan was nie, te vermy of te verminder, maar hoogstens die bedrag van die verlies aan inkomste daardeur vermy
minus enige bedrag gedurende die skadeloosstellingstydperk bespaar ten opsigte van sodanige koste en uitgawes van die besigheid wat uit inkomste betaalbaar mag wees en wat gestaak of verminder mag word as gevolg van die Skade;
MET DIEN VERSTANDE DAT
die bedrag betaalbaar na verhouding verminder word, indien die versekerde bedrag ten opsigte van inkomste minder is as die jaarlikse inkomste indien, die maksimum skadeloosstellingstydperk 12 maande of minder is of die toepaslike veelvoud van die jaarlikse inkomste indien die maksimum skadeloosstellingstydperk 12 maande oorskry
KLOUSULES EN UITBREIDINGS
Departemente
Indien die onderneming in departemente of takke bedryf word, waarvan die onafhanklike handelsresultate bepaalbaar is, geld die bepalings ingevolge item 1 (bruto wins) of 2 (inkomste) wat verband hou met verlaging in omset /inkomste afsonderlik vir elke departement of tak wat deur die Skade geraak word;
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 243











































































   243   244   245   246   247