Page 246 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 246

 MET DIEN VERSTANDE DAT:
indien die bedrag wat verseker is deur die betrokke item minder is, as die totaal van die jaarlikse bruto inkomste ontvangbaar verkry deur die bruto wins-koers vir elke departement/tak van die onderneming, hetsy deur Skade geraak al dan nie, toe te pas op die betrokke jaarlikse omset (of op ‘n eweredige verhoogde veelvoud daarvan, indien die skadeloosstellingsperk twaalf maande oorskry), sal die bedrag betaalbaar na verhouding verminder word
Deposito-premie
Met inagneming daarvan dat die premie ingevolge Items 1 (bruto wins) of 2 (inkomste) voorlopig is, omdat dit bereken word op 75% (vyf en sewentig persent) van die versekerde bedrag, is die premies soos volg onderworpe aan aanpassing by die verstryking van elke versekeringstydperk:
In die geval waar die bruto wins/inkomste wat verdien is (na verhouding verhoog, indien die aantal maande waarna daar in die omskrywing van skadeloosstellingstydperk verwys word, (12) twaalf oorskry) gedurende die finansiële jaar, wat die naaste saamval met enige versekeringstydperk, minder of meer as 75% (vyf en sewentig persent) van die bedrag waarteen dit verseker is, word pro rata terugbetaling- of bykomende- premie wat nie een derde (1/3) oorskry van die voorlopige premie wat vir sodanige versekeringstydperk betaal is nie, ten opsigte van die verskil betaal.
Nuwe besigheid
Indien die skade voor die voltooiing van die eerste jaar se handelsbedrywighede van die onderneming by die perseel plaasgevind het, sal die terme ‘bruto winskoers’, ‘jaarlikse omset’, ‘standaard-omset’, ‘jaarlikse inkomste’ en ‘standaard inkomste’ die volgende beteken:
1. Bruto winskoers
Die bruto winskoers verdien op die omset gedurende die drie (3) maande wat die datum van die Skade onmiddellik voorafgaan.
2. Jaarlikse omset
Twaalf (12) maal die gemiddelde maandelikse omset vir die drie (3) maande onmiddellik voor die datum van die ongeluk.
3. Standaard-omset
Die omset wat bereik sou word gedurende die skadeloosstellingstydperk, indien die gemiddelde omset gedurende die drie (3) maande onmiddellik voor die aanvang van die Skade, gehandhaaf sou word.
4. Jaarlikse inkomste
Die gemiddelde inkomste verdien gedurende die drie (3) maande wat die datum van die ongeluk direk voorafgaan.
5. Standaard-inkomste
Die inkomste wat verdien sou word gedurende die skadeloosstellingstydperk indien die gemiddelde inkomste gedurende die drie (3) maande wat die datum van Skade direk voorafgaan, gehandhaaf sou word.
Opgehoopte voorraad
Met die berekening van enige verlies word dit in ag geneem, en ’n billike voorsiening word gemaak, indien enige tekort in omset of inkomste te wyte aan die Skade uitgestel word, uit hoofde daarvan dat, die omset of inkomste tydelik uit opgehoopte voorraad in stand gehou word.
Opknappings
Indien, gedurende ʼn ses (6) maande periode direk na die heringebruikstelling van die masjinerie en aanleg nadat dit beskadig is, die Versekerde voordeel trek uit uitgestelde verkope, of van verhoogde produksie en/of winste as gevolg van ʼn onderbreking van, of inmenging met die besigheid, sal sodanige voordele in berekening gebring word by die bepaling van die betaalbare bedrag as skadeloosstelling kragtens hierdie Afdeling.
Premiekorting
Ingeval die Bruto wins/Inkomste verdien (na verhouding vermeerder indien die skadeloosstellingstydperk 12 (twaalf) maande oorskry) gedurende die finansiële jaar wat met enige versekeringstydperk saamval minder is as die onderskeie bedrae daarop verseker, sal ʼn pro rata premie terugbetaling gemaak word wat nie meer is as 50% (vyftig persent) van die betaalde premie nie vir sodanige versekeringstydperk ten opsigte van die verskil;
Sake onderbreking (Masjinerie breekskade)
  Bladsy | 244 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022










































































   244   245   246   247   248