Page 248 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 248

 Verslegting van voorraad (Masjinerie breekskade)
  VERSLEGTING VAN VOORRAAD (MASJINERIE BREEKSKADE)
OMSKREWE GEBEURTENISSE
Hierdie Versekering is ten opsigte van:
1. onvoorsiene skade aan produkte en/of koelkamers wat verseker is, wat die waarde van die versekerde produkte en/of koelkamer(s) affekteer, as ʼn direkte gevolg van die voorval maar wat nie die Aanspreeklikheidsperk sal oorskry soos in die Skedule vermeld nie;
2. die verhoging in bedryfskoste deur bykomende uitgawes noodsaakliker- en redelikerwys aangegaan as direkte gevolg van Skade (insluitende koste aangegaan in die verkryging van alternatiewe stoorfasiliteite vir die versekerde produkte), geheel en al met die uitsluitlike doel aangegaan om sodanige Skade aan die versekerde produkte te vermy of te verminder, maar wat nie die bedrag wat andersins kragtens 1 hierbo skadeloosstelbaar oorskry nie, en die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees om meer as R50 000 (vyftig duisend rand) vir enige een gebeurtenis, te betaal nie.
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. anders as in die geval van die toevallige ontsnapping van verkoelingsmiddels, sal ‘n voorval ʼn wisseling in temperatuur in die koelkamer(s) veroorsaak;
2. die Maatskappy geregtig sal wees op enige besparing in uitgawes nadat Skade plaasgevind het;
3. bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
OMSKRYWINGS
   Voorval
  1. Onvoorsiene en skielike fisiese Skade aan die masjinerie soos omskryf in hierdie Afdeling van die Skedule weens enige oorsaak waarvoor voorsiening gemaak is in terme van die Masjinerie Breekskade-afdeling.
2. onderbreking van die openbare elektrisiteitsvoorsiening vanaf die eindpunte van die voorsieningsgesag se bron van toevoer in die Versekerde se persele weens enige toevallige oorsaak behalwe:
2.1 die opsetlike daad van die Versekerde of enige voorsieningsowerheid;
2.2 droogte of brandstof tekort by enige kragopwekkingsaanleg.
3. Skade aan die versekerde produkte gestoor in die versekerde koelkamer(s) weens ʼn direkte gevolg van die toevallige ontlading van verkoelingsmiddels na aanleiding van onvoorsiene en skielike fisiese skade aan die verkoelingsmasjinerie soos omskryf in hierdie Afdeling van die Skedule
  Koelkamer
   Skade
   1. Versekerde produkte:
vernietiging of beskadiging ten opsigte van die waarde van die versekerde produkte weens verslegting, of kontaminasie, of verrotting, of bederwing;
2. versekerde koelkamer(s):
kontaminasie deur verkoelingsmiddels wat die ontruiming van die koelkamer(s) noodsaak
  Die term “Koelkamer” sal geag word “Vrieskamer” in te sluit
 Bladsy | 246 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022










































































   246   247   248   249   250