Page 250 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 250
Lewende hawe en stamboekdiere
LEWENDE HAWE EN STAMBOEKDIERE
OMSKREWE GEBEURTENISSE
Die Maatskappy sal die Versekerde skadeloosstel vir verliese weens die volgende gebeurtenisse, soos omskryf in die Skedule, wat die vrekte of vernietiging van lewende hawe (insluitende stamboekdiere) tot gevolg het, en wat regstreeks veroorsaak is deur:
brand en weerlig, uitsluitende terwyl in transito
Onderafdeling A
Onderafdeling B
brand en weerlig, insluitende terwyl in transito, voortvloeiend uit die versekerde gevare van brand, botsing, ontploffing of die omslaan van die vervoermiddel en diefstal voortvloeiend uit voorgenoemde gebeurtenisse terwyl in transito
Onderafdeling C
brand, weerlig of gewelddadige ongeluk (uitsluitende storm, wind, water, hael of sneeu, maar ingesluit terwyl in transito) of genadedood wat op die gesag van ʼn gekwalifiseerde veearts toegedien word as gevolg van beserings veroorsaak deur die versekerde gevare
Onderafdeling D
die vrekte van enige lewende hawe (insluitende stamboekdiere) gespesifiseer in die Skedule gedurende die versekeringstydperk (of vir versekering vir ʼn jaarlikse tydperk alleenlik in die geval waar die vrekte van sodanige lewende hawe [stamboekdiere] plaasvind binne 30 [dertig] dae na die verstryking van hierdie versekering as gevolg van enige ongeluk wat plaasgevind het, of siekte of kwaal wat gemanifesteer het gedurende die geldigheidstermyn hiervan soos in die Skedule vermeld en onderworpe daaraan
dat skriftelike kennisgewing van sodanige ongeluk, siekte of kwaal aan die Maatskappy gegee is voor die verstryking van hierdie versekering) vir die werklike waarde van sodanige lewende hawe (insluitende stamboekdiere) ten tye van die ongeluk (of die manifestering van die siekte of kwaal) wat die vrekte veroorsaak het
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. Eerste Bedrag Betaalbaar
die Versekerde verantwoordelik is vir die Eerste Bedrag Betaalbaar soos vermeld in die Skedule ten opsigte van ieder en elke omskrewe gebeurtenis;
2. Aanspreeklikheidsperk
1. Versekerde item(s):
Die aanspreeklikheid van die Maatskappy vir alle verliese wat uit enige een Omskrewe Gebeurtenis voortspruit, sal nie die aanspreeklikheidsperk soos vermeld in die Skedule, oorskry nie.
2. Transito dekking:
2.1 Die Maatskappy sal die Versekerde skadeloosstel tot en met R100 000 (een honderd duisend rand) per voorval, of R200 000 (twee honderd duisend rand) in die geheel vir enige een verskeringstydperk, vir die vrekte van die versekerde diere, regstreeks veroorsaak deur brand, weerlig, oorstroming, botsing en omslaan van die vervoermiddel, insluitende die oplaai en aflaai van die vrag;
2.2 Die Versekerde sal verantwoordelik wees vir die eerste bedrag betaalbaar van R2 500 (twee duisend vyf honderd rand) vir ieder en elke eis.
3. Koste van opruim en puinverwydering (Slegs van toepassing op Transito dekking)
Die versekering ingevolge hierdie Afdeling sluit koste in, wat noodsaaklikerwys deur die Versekerde aangegaan is ten opsigte van die opruim en verwydering van puin na skade aan die vervoermiddel of die eiendom daarop, onderworpe aan ʼn maksimum perk van R10 000 (tien duisend rand) ten opsigte van enige een Omskrewe Gebeurtenis.
Bladsy | 248 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022