Page 251 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 251
Lewende hawe en stamboekdiere
OMSKRYWING VAN GEWELDDADIGE ONGELUK:
Die begrip “gewelddadige ongeluk” beteken:
enige besering wat die versekerde dier mag opdoen as gevolg van enige onvoorsiene, onverwagte gebeurtenis wat op ʼn identifiseerbare plek en tyd gebeur waarna ʼn gekwalifiseerde veearts moet sertifiseer dat die lyding van sodanige diere ongeneesbaar en so ondraaglik is dat slagting onvermydelik is dat die diere om menslikheidsredes onmiddellik geslag moet word.
MEMORANDA 1 Ander vervoermiddele
Indien die vervoermiddel 'n gespesifiseerde voertuig is, is die versekering kragtens hierdie Afdeling van toepassing ten opsigte van, eiendom in enige voertuig wat tydelik in die plek daarvan gebruik word, terwyl 'n gespesifiseerde voertuig herstel of versien word en sodanige vervangende voertuig, nie die eiendom van die Versekerde is, of ingevolge 'n huurkontrak of huurkoopkontrak deur hom gehuur is nie.
Onklaarraking
In geval van onklaarraking van die vervoermiddel gedurende transito of die eiendom om enige rede buite die Versekerde se beheer, aan gevaar blootgestel word, verhoed niks hierin vervat, die gebruik van enige ander wyse van vervoer, ten einde die transito uit te voer nie en sal die versekering hierkragtens, nie daardeur benadeel word nie.
Tydperk van transito
Transito word geag 'n aanvang te neem wanneer daar begin word om die eiendom, soos vermeld in die Skedule, te verskuif van die afsender se perseel, met die laai van enige vervoermiddel (insluitend die dra en oplaai van goedere na enige vervoermiddel), voort te gaan met die vervoer na die ontvanger (insluitend tydelike berging wat nie 96 [ses en negentig] ure tydens die verloop van die reis oorskry nie) en te eindig met die aflaai en aflewering by enige gebou of stoorplek by die ontvanger se perseel.
Vervoer
Wyses van vervoer sal geag word om deur middel van pad, spoor of lug plaas te vind.
Weiering
Indien enige ontvanger weier om eiendom versend, te ontvang, word transito geag voort te duur en die versekering ten opsigte van, sodanige eiendom bly van krag totdat die eiendom, in of op enige vervoermiddel by die ontvanger se perseel afgelewer is
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Versekerde alle redelike voorsorgmaatreëls tref, om te verseker, dat die eiendom so gou redelikerwys moontlik terugbesorg word.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS
Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees nie vir:
1. verkluiming, vergiftiging van watter aard ook al, of vreemde voorwerpe in die spysverteringskanaal van enige van die lewende hawe of stamboekdiere, foutiewe voeding of foutiewe dosering, hetsy kwaadwilliglik of per ongeluk;
2. aanval deur honde of wilde diere;
3. vernietiging van diere, hetsy deur of ten uitvoer van ʼn bevel van enige staats- of openbare of plaaslike owerheid;
4. aanhouding, konfiskering, verbeurdverklaring, beslaglegging of rekwisisie wettiglik uitgevoer deur doeane of ander beamptes of owerhede;
5. verlies van of skade aan eiendom insluitende ongeluk of siektes opgedoen buite die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Eswatini (voormalige Swaziland), Zimbabwe, Malawi, Mosambiek en Zambië;
6. die oneerlikheid van enige prinsipaal, vennoot, direkteur of werknemer in diens van die Versekerde hetsy hy/sy alleen optree of saamspan met ander;
7. ongeskiktheid of onvermoë om die funksies of pligte te verrig waarvoor die lewende hawe en stamboekdier aangehou word;
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 249