Page 252 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 252
8. ongeluk of siekte opgedoen tydens transito per lug of ter see;
9. die opsetlike slag of vernietiging van lewende hawe en stamboekdiere, hetsy deur of op bevel van enige staatsgesag of openbare of plaaslike owerheid of persoon of liggaam wat regsbevoegdheid oor sulke aangeleenthede of andersins het;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie hierdie Uitsondering as verdediging sal oproep nie indien:
1. die Maatskappy uitdruklik tot die vernietiging van die lewende hawe of stamboekdiere ingestem het, of;
2. ʼn versekerde dier (insluitend ʼn stamboekdier) wat ʼn besering opgedoen het of, in ʼn buitengewoon pynlike siektetoestand verkeer en ʼn gekwalifiseerde veearts wat deur die Maatskappy aangestel is, sertifiseer dat dit ongeneesbaar en so ondraaglik is, dat slagting onvermydelik is en dat die stamboekdier om menslikheidsredes onmiddellik geslag moet word, of;
3. ʼn versekerde dier (insluitend ʼn stamboekdier) wat ʼn besering opgedoen het en ʼn gekwalifiseerde veearts wat deur die Versekerde aangestel is, eers ʼn sertifikaat uitgereik het, dat die lyding van sodanige dier (insluitend ʼn stamboekdier) ongeneesbaar en so ondraaglik is, dat slagting onvermydelik is en dat die dier(e), onmiddellik geslag moet word, sonder dat daar vir die aanstelling van ʼn veearts deur die Maatskappy gewag kan word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
in alle sodanige gevalle van 1, 2 of 3 hierbo die Maatskappy die geleentheid gebied sal word om na sy keuse ʼn nadoodse ondersoek deur sy veearts te laat uitvoer sou hy so verlang;
10. Vrekte regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur of as gevolg van:
10.1 enige snykundige operasie, tensy deur ʼn gekwalifiseerde veearts uitgevoer, wat deur hom/haar gesertifiseer noodsaaklik te wees, alleenlik weens ʼn ongeluk, siekte of kwaal en uitgevoer moes word, in ʼn poging om die dier (insluitend ʼn stamboekdier) se lewe te red;
10.2 die toediening van enige medikasie, tensy deur ʼn gekwalifiseerde veearts toegedien (of ervare personeel onder sy/haar leiding) en deur ʼn veearts gesertifiseer van voorbehoedende aard te wees of genoodsaak word deur, ʼn ongeluk, siekte of kwaal. Soos hier gebruik word, beteken “medikasie” enige geneesmiddel, hormoon, vitamien, proteïen of ander middel buiten skoon kos of water.
11. siekte en/of vrekte regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur:
11.1 rooiwaterkoors;
11.2 hartwaterkoors;
11.3 galsiekte;
11.4 bloednier;
11.5 bloutong;
11.6 enige siektetoestand uit bosluise gebore en wat binne 30 (dertig) dae vanaf die aanvangsdatum van die Polis manifesteer;
12. gevolglike verlies hoe ook al dit ontstaan;
13. aanspreeklikheid teenoor derde partye;
14. verlies of skade as gevolg van diefstal of enige poging daartoe;
15. verlies van of skade aan die versekerde eiendom voortspruitend uit Kaping of enige poging daartoe;
16. verlies of skade in transito opgedoen terwyl enige voertuig bestuur word deur:
16.1
Bladsy | 250
die Versekerde:
16.1.1 terwyl die Versekerde onder die invloed van bedwelmende drank of verdowingsmiddels is (tensy dit toegedien of voorgeskryf word deur, en geneem word in ooreenstemming met die voorskrifte van ʼn lid van die mediese beroep behalwe homself/haarself); of
16.1.2 indien die Versekerde se bloedalkoholpersentasie die statutêre perk tydens die gebeurtenis oorskry; of
16.1.3 terwyl die Versekerde nie 'n geldige rybewys het om sodanige voertuig te bestuur nie;
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022
Lewende hawe en stamboekdiere