Page 253 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 253

 Lewende hawe en stamboekdiere
 16.2 enige ander persoon met die algemene toestemming van die Versekerde wat met die medewete van die Versekerde:
16.2.1 onder die invloed van bedwelmende drank of verdowingsmiddels is (tensy dit toegedien of voorgeskryf word deur en geneem word in ooreenstemming met die voorskrifte van ʼn lid van die mediese beroep behalwe homself/haarself); of
16.2.2 indien sodanige persoon se bloedalkoholpersentasie die statutêre perk tydens die gebeurtenis oorskry; of
16.2.3 terwyl hy/sy nie gelisensieer is om sodanige voertuig te bestuur nie, maar dit is nie van toepassing indien die Versekerde onbewus was dat die bestuurder nie 'n geldige rybewys het nie en, indien die Versekerde tot die bevrediging van die Maatskappy kan bewys dat daar in die normale loop van sy/haar besigheid prosedures ingestel is om te verseker dat slegs bestuurders met 'n geldige rybewys toegelaat word om versekerde voertuie te bestuur;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
enige bestuurder geag word gelisensieer te wees om die voertuig te bestuur, indien hy/sy voldoen aan die lisensiewette met betrekking tot enige van die grondgebiede waarna in die gebiedsgrense van hierdie Afdeling verwys word, of indien daar nie aan enige lisensiewet voldoen word nie bloot vanweë versuim om enige lisensie wat onderworpe is aan periodieke hernuwing, of indien ʼn lisensie nie vereis word deur ʼn wet nie, of terwyl sodanige bestuurder leer bestuur en voldoen aan die wette met betrekking tot leerlingbestuurders;
17. vertrapping of versmoring wat vrekte of vernietiging van lewende hawe of stamboekdiere tot gevolg het terwyl in transito, in of op enige vervoermiddel
18. enige siekte, kwaal of toestand in lewende hawe of enige stamboekdier in die Skedule vermeld, karkas of produk daarvan wat mag versprei, besmet of andersins beserings mag veroorsaak;
19. handelinge wat onafhanklike kontrakteurs vir die Versekerde uitvoer, of aanspreeklikheid wat die Versekerde volgens kontrak of ooreenkoms aanvaar;
20. beskadiging of vernietiging van lewende hawe of stamboekdiere wat nie behoort aan, of in trust gehou word deur, of wat in bewaring, of onder die beheer van die Versekerde, of enige werknemer, of agent van die Versekerde is nie;
21. enige verlies, skade, koste of uitgawes regstreeks of onregstreeks voortspruitend uit aanhouding, konfiskering, verbeurdverklaring, beslaglegging of rekwisisie wettiglik uitgevoer deur doeane, die Polisie, misdaadvoorkomingseenhede of ander beamptes of owerhede.
SPESIFIEKE VOORWAARDES Aanmelding van ʼn eis
Nieteenstaande enigiets strydig vervat in Algemene Voorwaarde 8 sal:
1. die Versekerde die Maatskappy onmiddellik verwittig van enige siekte van, of ongeluk opgedoen deur, enige lewende hawe of stamboekdier wat beskryf word in die Skedule en sal hy/sy op sy/haar eie koste onmiddellik voorsiening maak vir toereikende besoek en behandeling deur 'n veearts en, wanneer dit vereis word, 'n verslag van die betrokke veearts indien oor die toestand van die lewende hawe of stamboekdier. Die Versekerde sal ten alle tye behoorlike voorsorgmaatreëls tref teen verlies, of gevaar van verlies, en sal alle redelike regulasies en aanwysings van die Maatskappy of van 'n veearts in die diens van die Maatskappy uitvoer;
2. by die vrekte van enige lewende hawe of stamboekdier wat beskryf word in die Skedule, sal die Versekerde die Maatskappy onmiddellik daarvan verwittig en die Maatskappy 'n geleentheid gee om die karkas te ondersoek deur nie daaraan te sny of daarmee weg te doen voor die verstryking van minstens 24 (vier en twintig) uur nadat sodanige kennisgewing deur die Maatskappy ontvang is nie. Die Versekerde sal op sy eie koste binne 14 (veertien) dae nadat hy versoek is deur die Maatskappy sodanige inligting verskaf, gepaardgaande met sodanige veeartssertifikate en bevredigende bewys met betrekking tot die vrekte, identiteit en waarde van die lewende hawe of stamboekdier. Die onus rus op die Versekerde om te bewys dat ʼn versekerde lewende hawe of stamboekdier nie gevrek het aan ʼn oorsaak wat in hierdie Afdeling uitgesonder word nie. Indien die eis erken word, sal die Versekerde op die voordeligste manier van die karkas ontslae raak en die bedrag wat daardeur ingewin word, sal aan die Maatskappy behoort.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 251


















































































   251   252   253   254   255