Page 254 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 254
Eweredigheid
Indien, ten tye van verlies van die lewende hawe of stamboekdiere soos verseker onder hierdie Afdeling teen enige van die gevare hierdeur verseker, die getal van die diere meer is as die getal wat verseker is, word die Versekerde as sy eie versekeraar vir die verskil geag. Elke item, indien meer as een, is afsonderlik aan hierdie Spesifieke Voorwaarde onderworpe;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Versekerde ʼn eweredige deel van iedere en elke verlies dra.
Kalf-uitbreiding (Stamboekkoeie alleenlik)
Dit word hiermee verklaar en ooreengekom dat hierdie Afdeling uitgebrei word om dekking in te sluit vir ʼn kalf of tweelingkalwers wat reeds ouer as 24 (vier en twintig) uur, maar jonger as ses (6) maande is, met dien verstande dat die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van sodanige kalf of tweelingkalwers beperk word tot 20% (twintig persent) van die koei se gegewe versekerde bedrag vermeld in die Skedule.
Hierdie Uitbreiding sal nie van toepassing wees ten opsigte van tweelingkalwers in die geval waar net een kalf vrek nie. Indien vergoeding kragtens hierdie uitbreiding geskied het, sal die versekerde bedrag van die versekerde koei met sodanige vergoedingsbedrag verminder word.
Kondisie van diere
Dit is ʼn voorvereiste dat die lewende hawe of stamboekdier(e) wat in die Skedule beskryf word in goeie toestand en sonder enige besering of siekte by die aanvang van hierdie versekering is.
Plantvergiftiging
Dit word hiermee verklaar en ooreengekom dat Onderafdeling C en D uitgebrei is om dekking in te sluit vir verliese van die lewende hawe of stamboekdiere wat vermeld word in die Skedule, wat die gevolg is van, of voortspruit uit, toevallige plantvergiftiging, of vergiftiging wat spruit uit die voer en/of suiping en/of dip van sodanige diere;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
indien ʼn bykomende premie as teenprestasie betaal word, dekking op Onderafdeling A en B uitgebrei mag word ten opsigte van hierdie uitbreiding.
Plek van aanhouding en gebruik
Geen lewende hawe of stamboekdier sal van die persele soos vermeld in die Skedule, verwyder word met die doel om permanent elders gehou te word sonder die Maatskappy se skriftelike toestemming nie.
Geen lewende hawe of stamboekdier sal gebruik word vir ander doeleindes as die gegewe doel wat in die aansoek vermeld is sonder die Maatskappy se skriftelike toestemming nie.
Veearts behandeling (besering veroorsaak deur brand alleenlik)
Die versekering onder hierdie Afdeling sluit in die redelike kostes aangegaan deur die Versekerde vir veeartsbehandeling as gevolg van ʼn besering opgedoen deur enige versekerde dier(e) of stamboekdier(e) onder hierdie Afdeling veroorsaak deur brand
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. dit ekonomies is om veeartsbehandeling te bekom;
2. die veeartsbehandeling toegedien is deur ʼn gekwalifiseerde veearts en deur hom/haar gesertifiseer is as noodsaaklik alleenlik as gevolg van die besering wat veroorsaak is deur brand en wat uitgevoer is in ʼn poging om die dier se lewe te red;
3. hierdie veeartsuitgawes nie enige uitgawes insluit wat aangegaan is deur die Versekerde soos genoem onder Spesifieke Voorwaarde – Vrekte van diere (insluitende stamboekdiere) van hierdie Afdeling nie;
4. die Maatskappy se aanspreeklikheid sal nie 20% (twintig persent) van die bedrag op risiko vir die behandelde dier ten tye van die voorval of R5 000 (vyf duisend rand), watter ook al die minste is, ten opsigte van enige enkele gebeurtenis per behandelde dier oorskry nie;
Lewende hawe en stamboekdiere
Bladsy | 252 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022