Page 256 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 256
Impotensie van stamboekbulle en stamboekramme deur ongeluk alleen
Indien, deur lewering van bevredigende bewysstukke en sertifikate, bewys word dat die stamboekbul of stamboekram, wat in die Skedule beskryf word, impotent of onvrugbaar is, of ʼn morfologie-persentasie van minder as 70% (sewentig persent) het, of blywend onbekwaam tot natuurlike dekking, as gevolg van ʼn besering veroorsaak deur ʼn toevallige eksterne gewelddadige ongeluk wat plaasgevind het, of as gevolg van siekte opgedoen tydens die versekeringstydperk, sal die Maatskappy na die verstryking van ʼn tydperk van drie (3) kalendermaande van die datum van verwittiging van die impotensie, onvrugbaarheid of onbekwaamheid tot natuurlike dekking die verskil vergoed tussen die bedrag wat ontvang is vir die verkoop van die stamboekbul of stamboekram en die gegewe versekerde bedrag vermeld in die Skedule;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees nie vir:
1. enige eise ten opsigte van gevolglike verlies hoe dit ook al mag ontstaan; of
2. enige eise weens die uitsakking van die skede van die penis;
3. enige eis ten opsigte van stamboekramme jonger as ses (6) maande of ouer as vier (4) jaar;
4. enige eis ten opsigte van stamboekbulle jonger as ses (6) maande of ouer as agt (8) jaar;
MET VERDERE DIEN VERSTANDE DAT:
dit ʼn voorwaarde, voorafgaande tot die aanvang van versekering in terme van hierdie Uitbreiding, dat die Maatskappy voorsien word van ʼn vrugbaarheidsertifikaat uitgereik deur ʼn gekwalifiseerde veearts. Sodanige vrugbaarheidsertifikaat moet bekom en aan die Maatskappy voorsien word.
Impotensie van stamboekbulle en stamboekramme deur ongeluk en/of siekte
Indien deur lewering van bevredigende bewysstukke en sertifikate bewys word dat die stamboekbul of stamboekram, wat in die Skedule beskryf word, blywend impotent of onvrugbaar is of ʼn morfologie-persentasie het van minder as 70% (sewentig persent) of blywend onbekwaam tot natuurlike dekking as gevolg van ʼn besering deur ʼn toevallige eksterne gewelddadige ongeluk wat plaasgevind het, of as gevolg van siekte opgedoen tydens die versekeringstydperk sal die Maatskappy na die verstryking van ʼn tydperk van drie (3) kalendermaande van die datum van verwittiging van die impotensie, onvrugbaarheid of onbekwaamheid tot natuurlike dekking die verskil vergoed tussen die bedrag wat ontvang is vir die verkoop van die stamboekbul of stamboekram en die gegewe versekerde bedrag vermeld in die Skedule;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees nie vir:
1. enige eise ten opsigte van gevolglike verlies hoe dit ook al mag ontstaan; of
2. enige eise weens die uitsakking van die skede van die penis;
3. enige eise ten opsigte van stamboekramme jonger as ses (6) maande of ouer as vier (4) jaar;
4. enige eise ten opsigte van stamboekbulle jonger as ses (6) maande of ouer as agt (8) jaar;
MET VERDERE DIEN VERSTANDE DAT:
dit ʼn voorwaarde, voorafgaande tot die aanvang van versekering in terme van hierdie Uitbreiding, dat die Maatskappy voorsien word van ʼn vrugbaarheidsertifikaat uitgereik deur ʼn gekwalifiseerde veearts. Sodanige vrugbaarheidsertifikaat moet bekom en aan die Maatskappy voorsien word binne 60 (sestig) dae voor die aanvangs van dekking.
Kapingsdekking
As teenprestasie vir die betaling van ʼn bykomende premie word Spesifieke Uitsondering 14 van hierdie Afdeling gekanselleer en dekking uitgebrei om verlies van, of skade aan eiendom soos vermeld in die Skedule as gevolg van Kaping in te sluit;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 20% (twintig persent) van ieder en elke eis.
Lewende hawe en stamboekdiere
Bladsy | 254 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022