Page 257 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 257

 Lewende hawe en stamboekdiere
 Oproer en staking
Onderworpe aan die Bepalings, Voorwaardes, Uitsluitings, Uitsonderings en Waarborge wat daarin vervat word, word hierdie Afdeling uitgebrei om skade in te sluit wat regstreeks veroorsaak word deur, of deur middel van, of as gevolg van:
1. burgerlike beroering, arbeidsonluste, oproer, staking of uitsluiting;
2. die optrede van enige wettig ingestelde owerheid by die beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige ander wyse gehandel word met enige gebeurtenis waarna in 1 hierbo verwys word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Uitbreiding sal nie die volgende insluit nie:
1. verlies of skade wat binne die Republiek van Suid-Afrika en Namibië plaasvind;
2. gevolglike of onregstreekse verlies of skade van enige aard of beskrywing hoegenaamd, behalwe verlies aan huurgeld, indien dit spesifiek verseker is;
3. verlies of skade wat voortspruit uit die algehele of gedeeltelike staking van werk, of die vertraging of onderbreking of staking van enige proses of werksaamheid;
4. verlies of skade wat veroorsaak word deur permanente of tydelike besitsontneming wat spruit uit die konfiskering, kommandering of rekwisisie deur enige wettig ingestelde owerheid;
5. verlies of skade wat verband hou met of veroorsaak word deur enige gebeurtenis waarna daar in Algemene Uitsondering 1.1.2, 1.1.3, 1.1.4, 1.1.5 of 1.1.6 van hierdie Polis verwys word, of enige optrede van enige wettig ingestelde owerheid in beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige ander wyse gehandel word, met sodanige gebeurtenis.
Indien die Maatskappy uit hoofde van voorbehoudsbepaling 1, 2, 3, 4 of 5 hierbo kan bewys dat hierdie Afdeling nie verlies of skade insluit nie, rus die onus op die Versekerde om die teendeel te bewys.
Rooiwaterkoors
Spesifieke Uitsondering 11.1 van hierdie Afdeling is gekanselleer.
Verkluiming van lewende hawe of stamboekdiere
As teenprestasie vir die betaling van ʼn bykomende premie word die woord “verkluiming” soos vervat in Spesifieke Uitsondering 1 gekanselleer en word dekking onder hierdie Afdeling uitgebrei om die volgende in te sluit:
verlies of skade as gevolg van die vrekte of vernietiging van die lewende hawe of stamboekdiere wat in die Skedule vermeld word, wat direk ontstaan as gevolg van:
1. storm, wind, water, hael en sneeu;
2. verkluiming, met die uitsondering van verlies of skade wat voortspruit uit die daling van temperatuur wat nie met storm, wind, water, hael of sneeu gepaard gaan nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Versekerde verantwoordelik sal wees vir die volgende eerste bedrae betaalbaar in die geval van ieder en elke eis wat mag plaasvind:
1.1 Angorabokke:
1.1.1 Binne twee (2) maande nadat dit geskeer is –
1.1.2 Andersins – 1.2 Alle ander bokke en skape:
1.2.1 Binne twee (2) maande nadat dit geskeer is – 1.2.2 Andersins –
1.3 Grootvee: –
25% (vyf en twintig persent) van die eis (Minimum R500);
10% (tien persent) van die eis (Minimum R500).
10% (tien persent) van die eis (Minimum R500); 5% (vyf persent) van die eis (Minimum R500).
10% (tien persent) van die eis (Minimum R500).
2. geen dekking met betrekking tot hierdie Uitbreiding van krag sal wees binne die eerste sewe (7) dae vanaf aanvang van sodanige dekking nie.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 255


































































   255   256   257   258   259