Page 255 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 255
Lewende hawe en stamboekdiere
5. sou die besering vrekte tot gevolg hê, of in die geval waar die versekerde dier in ʼn buitengewone pynlike siektetoestand verkeer en ʼn gekwalifiseerde veearts sertifiseer dat dit so ondraaglik is dat slagting onvermydelik is, en dat die dier om menslikheidsredes onmiddellik geslag moet word, nadat ʼn poging aangewend is om die dier se lewe te red, sal die bedrag betaalbaar onder hierdie Uitbreiding afgetrek word van die bedrag betaalbaar vir die verlies as gevolg van vrekte of vernietiging.
Versekering van lammers/kalwers
Die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van ʼn lam of kalf ouer as 24 (vier en twintig) uur maar jonger as drie (3) maande sal beperk word tot 10% (tien persent) van die versekerde bedrag van die ooi of koei.
OPSIONELE KLOUSULES EN UITBREIDINGS (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule) Aanval deur honde en wilde diere
As teenprestasie vir die betaling van ʼn bykomende premie word Spesifieke Uitsondering 2 gekanselleer en dekking onder hierdie Afdeling uitgebrei om verlies, of skade as gevolg van vrekte van die lewende hawe of stamboekdiere wat in die Skedule vermeld word, wat direk veroorsaak is deur aanval van honde of wilde diere, in te sluit, maar met die uitsondering van honde of wilde diere wat aan die Versekerde, lede van sy huisgesin, of sy werknemers behoort, of deur hulle in bewaring gehou word. Dit is ʼn voorwaarde tot die aanvaarding van aanspreeklikheid onder hierdie uitbreiding dat die Versekerde die Maatskappy, asook die Polisie, so gou as moontlik na verlies of skade daarvan in kennis stel en dat hy ernstige pogings aanwend om die honde of wilde diere te identifiseer, sowel as hulle eienaar
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van ieder en elke eis met ʼn minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand).
Bloednier (Enterotoxaemia)
Spesifieke Uitsondering 11.4 van hierdie Afdeling word gekanselleer; MET DIEN VERSTANDE:
die betrokke stamboekdier binne ses (6) maande voor die vrekte teen die siekte ingeënt is met die entstof wat korrek geberg en gebruik is soos in die gebruiksaanwysings uiteengesit.
Bloutong
Besondere Uitsondering 11.5 van hierdie Afdeling word gekanselleer; MET DIEN VERSTANDE:
die betrokke stamboekdier binne twaalf (12) maande voor die vrekte teen die siekte ingeënt is met die entstof wat korrek geberg en gebruik is soos in die gebruiksaanwysings uiteengesit.
Memorandum van toepassing op Bloednier en Bloutong
Dit is ʼn voorwaarde, voorafgaande tot die aanvaarding van ʼn eis onder hierdie Afdeling dat ʼn bewys van inenting in die vorm van ʼn sertifikaat wat deur ʼn veearts onderteken is of, as die Versekerde self die stamboekdier ingeënt het, ʼn sertifikaat onderteken deur die Versekerde en gestaaf deur ʼn aangrensende boer, welke boer ook die toediening van die inenting aanskou het, aan die Maatskappy voorsien word onmiddellik na die inenting uitgevoer is en voordat ʼn eis ontstaan.
Galsiekte
Spesifieke Uitsondering 11.3 van hierdie Afdeling is gekanselleer.
Hartwaterkoors
Spesifieke Uitsondering 11.2 van hierdie Afdeling is gekanselleer.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022
Bladsy | 253