Page 258 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 258
Besproeiingsstelsels op wiele en Spilpunte
BESPROEIINGSTELSELS OP WIELE EN SPILPUNTE
ONDERAFDELING A – VERLIES OF SKADE
OMSKREWE GEBEURTENISSE
1. Verlies van of skade:
aan enige voertuig soos in die Skedule omskryf, insluitende die toebehore en onderdele terwyl dit daarin of daarop is.
2. Bykomende koste
Boonop sal die Maatskappy betaal vir:
2.1 beskerming en verwydering:
die koste vir die beskerming en verwydering na die naaste herstellers indien sodanige voertuig onbruikbaar is weens enige verlies of skade hierkragtens verseker;
2.2 berging:
die koste van berging by die naaste werf, plek van veiligheid of herstellers indien sodanige voertuig onbruikbaar is weens enige verlies of skade hierkragtens verseker;
2.3 aflewering na herstel:
die koste van aflewering aan die Versekerde nadat sodanige verlies of skade herstel is na die permanente adres van die Versekerde volgens die volgende gebiedsbestek:
Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Eswatini (voormalige Swaziland), Zambië, Zimbabwe, Malawi of Mosambiek;
2.4 noodherstelwerk:
die Versekerde mag opdrag gee dat noodherstelwerk gedoen moet word sonder die vooraf goedkeuring van die Maatskappy;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
ʼn breedvoerige beraming eers bekom word en onmiddellik aan die Maatskappy gestuur word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie verantwoordelike sal wees om meer as R40 000 (veertig duisend rand) in geheel te betaal vir enige enkele gebeurtenis per voertuig ten opsigte van 2.1, 2.2, 2.3 en 2.4 hierbo uiteengesit nie
3. Skadeloosstellingsperk
Die skadeloosstellingsperk vir elke soort voertuig is soos in die Skedule vermeld en sal die maksimum bedrag wees wat deur die Maatskappy betaalbaar is.
MET DIEN VERSTANDE DAT:
Die Versekerde bedrag vir elke voertuig wat in die Skedule gespesifiseer is, sal ten alle tye die nuwe vervangings- waarde verteenwoordig.
4. Grondslag van skikking
4.1 Gedeeltelike verlies
As die skade herstel kan word, sal die Maatskappy betaal vir die koste van herstelwerk tot ʼn werkende toestand met die gewone daaglikse loontariewe in die distrik as grondslag en ook die normale vraggeld, herstelkoste en/of oprigtingskoste, asook doeaneregte.
Bladsy | 256
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022