Page 259 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 259

 Besproeiingsstelsels op wiele en Spilpunte
 4.2 Totale verlies
As die voertuig heeltemal vernietig is, sal die Maatskappy die nuwe vervangingswaarde van die voertuig onmiddellik voor die ongeluk en die verwyderingskoste van die beskadigde voertuig minus die waarde van die oorblyfsels betaal. Die voertuig sal as heeltemal vernietig beskou word indien die herstelkoste soos omskryf in 1 hierbo gelykstaande of meer is as die markwaarde onmiddellik voor die verlies of skade.
5. Herstel, herinstel of vervang
5.1 Die Maatskappy mag na goeddunke en sy eie keuse, sodanige voertuig, of enige deel daarvan en/of die toebehore en onderdele daarin of daarop, herstel, herinstel of vervang of die bedrag van die verlies of skade kontant betaal tot hoogstens die bedrag in die Skedule vermeld of die redelike vervangingswaarde insluitende enige gespesifiseerde toebehore, wat ook al die minste is.
MET DIEN VERSTANDE DAT:
as die skade beperk is tot ʼn deel of dele van die voertuig, is die Maatskappy nie aanspreeklik om te betaal vir ʼn bedrag meer as die waarde van sodanige deel of dele waarvoor voorsiening gemaak word in die versekerde bedrag nie, plus die normale vraggeld, herstelkoste en/of oprigtingskoste, asook doeaneregte
5.2 Indien die Maatskappy sodanige voertuig vervang of herinstel, sal die Maatskappy die keuse hê om eienaarskap van die voertuig te neem.
BEPALINGS
1. Brand, weerlig en ontploffing
Die eerste bedrag betaalbaar sal nie van toepassing wees op verlies of skade as gevolg van brand, weerlig of ontploffing nie.
2. Eerste bedrag betaalbaar
Ten opsigte van ieder en elke gebeurtenis wat tot ʼn eis ingevolge Onderafdeling A aanleiding gee, sal die Versekerde verantwoordelik wees vir die Eerste Bedrag Betaalbaar wat in die Skedule vermeld word (na gelang van die soort voertuig), van enige uitgawe (of enige mindere uitgawe wat aangegaan mag word), waarvoor voorsiening gemaak word ingevolge Onderafdeling A (insluitende enige betaling ten opsigte van koste, uitgawes en fooie), en van enige uitgawes wat deur die Maatskappy aangegaan is, in die uitoefening van enige gelang wat hy/sy ingevolge hierdie versekering mag hê. Indien die onkostes wat deur die Maatskappy aangegaan is enige Eerste Bedrag Betaalbaar insluit waarvoor die Versekerde verantwoordelik is, moet sodanige bedrag onverwyld deur die Versekerde aan die Maatskappy terugbetaal word.
3. Opskortende verkoopsooreenkoms
Indien die voertuig, na die wete van die Maatskappy, onderworpe is aan ʼn opskortende verkoops- of soortgelyke ooreenkoms, sal sodanige betaling gemaak word aan die eienaar wat daarin beskryf word, wie se kwitansie as volle en finale ontslag vir die Maatskappy ten opsigte van sodanige skade of verlies sal dien.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS (van toepassing op Onderafdeling A)
Die Maatskappy is nie aanspreeklik nie om te betaal vir enige:
1. gevolglike verlies van enige oorsaak hoegenaamd;
2. geld betaal vir die opgradering of verlenging van ʼn onderhoudsplan of soortgelyke uitgawe;
3. waardevermindering, hetsy dit ontstaan weens herstelwerk ná ʼn Omskrewe Gebeurtenis of andersins;
4. slytasie en verweer;
5. meganiese, elektroniese of elektriese onklaarraking, weiering of brekasie;
6. skade aan buitebande;
6.1 deur die gebruik van remme;
6.2 deur lekkasies, snye of barste op die pad op te doen;
6.3 as gevolg van slaggate/ongelykhede in paaie of ander oppervlaktes of weens botsing met sodanige slaggate/ongelykhede;
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 257








































































   257   258   259   260   261