Page 261 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 261

 Besproeiingsstelsels op wiele en Spilpunte
 MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie aanspreeklik is vir skade aan die gesleepte voertuig of sleepwa of vir die eiendom daarin of daarop nie.
SKADELOOSSTELLINGSPERKE
Die aanspreeklikheid van die Maatskappy ingevolge hierdie Onderafdeling ten opsigte van enige enkele gebeurtenis beloop hoogstens die skadeloosstellingsperke wat vermeld word in die Skedule
SPESIFIEKE UITSONDERINGS (van toepassing op Onderafdeling B)
Die Maatskappy is nie ingevolge hierdie Onderafdeling aanspreeklik ten opsigte van die volgende nie:
1. enige skadevergoeding of eis wat binne die bestek van enige Verpligte Motorvoertuigversekeringswetgewing val. Hierdie Uitsondering geld nieteenstaande die feit dat geen ander versekering ingevolge sodanige wetgewing van krag is of aangegaan is nie, ongeag of die toepaslike wetgewende fonds in staat is om vergoeding te betaal of nie;
2. dood of liggaamlike besering van enige persoon wat in of op ʼn voertuig beskryf in Voertuigomskrywing 2 vervoer word, of daarin, daarop, daarvan af of daaruit klim ten tye van die plaasvind van die gebeurtenis waaruit enige eis ontstaan;
3. aanspreeklikheid wat voortspruit uit die werkverrigting, demonstrasie of gebruik (vir ander doeleindes behalwe die instandhouding of herstel van ʼn voertuig) van enige gereedskap of toerusting wat deel uitmaak van of vasgeheg is aan of gebruik word in verband met ʼn voertuig of enigiets vervaardig deur of gehou in enige sodanige gereedskap of toerusting.
OMSKRYWINGS
Enige toebehoor of onderdeel wat nie deur die vervaardiger as standaard toerusting verskaf word nie en wat na verkope aangebring is (opsionele ekstra)
 Bykomstighede en onderdele (nie-standaard)
     Gebeurtenis
Die woord “gebeurtenis” beteken ʼn gebeurtenis of reeks gebeurtenisse wat ontstaan uit een oorsaak in verband met enige enkele voertuig, ten opsigte waarvan skadeloosstelling deur hierdie versekering verleen word
     Voertuig
Omskrywing 1
Besproeiingstelsels op wiele (met enige wyse van aandrywing) en spilpunte, insluitende los en vaste toebehore daaraan of daarop, pyplyne, kabels en harnasse, kompressor- en aanspoorderstelsels, pompe en soortgelyke toerusting wat daarmee verband hou, onder of bo die grond
Omskrywing 2
1.1 enige sodanige voertuig wat deur die Versekerde besit, gehuur/verhuur word of onder ʼn bruikhuurkontrak is;
1.2 insluitende enige sodanige voertuig wat tydelik deur die Versekerde gebruik word as plaasvervanger vir enige gespesifiseerde voertuig wat in onbruik is met die doel om dit te versien, in stand te hou of te herstel;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die maksimum tydperk wat ʼn gehuurde of plaasvervangende voertuig gebruik mag word, sal nie 30 (dertig) aaneenlopende dae oorskry nie;
2. die Maatskappy se maksimum aanspreeklikheid hoogstens die redelike herverkoopswaarde van die vervangingsvoertuig of die skadeloosstellingsperk van die vervangde voertuig sal beloop soos vermeld in die Skedule
     Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 259










































































   259   260   261   262   263