Page 263 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 263

 Besproeiingsstelsels op wiele en Spilpunte
 Oorlog
Slegs ten opsigte van Onderafdelings B en C word Algemene Uitsondering 1 geskrap en deur die volgende vervang:
“Hierdie Afdeling sluit nie oorlog, inval, optrede deur ʼn buitelandse vyand, vyandelikhede (hetsy oorlog verklaar is of nie), burgeroorlog, muitery, opstand, rebellie, revolusie, militêre of geüsurpeerde gesag in nie”.
Prinsipale
Nieteenstaande Spesifieke Uitsondering 2 van hierdie Afdeling, word die skadeloosstelling ingevolge Onderafdeling B uitgebrei om skadeloosstelling te bied, in die mate wat dit vereis word deur die algemene voorwaardes van ʼn kontrak, gepubliseer deur die Gesamentlike Boukontrakkomitee, die Suid-Afrikaanse Vereniging van Raadgewende Ingenieurs, die Suid-Afrikaanse Instituut van Siviele Ingenieurs en in verband met enige aanspreeklikheid wat voortspruit uit die uitvoer van sodanige kontrak, enige prinsipaal wat benoem word in sodanige kontrak wat deur die Versekerde aangegaan word vir die doeleindes van die besigheid;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die aanspreeklikheid van die Maatskappy nie die aanspreeklikheidsperk wat vermeld word in die Skedule oorskry nie.
Skade aan buitebande
Die dekking verleen ingevolge hierdie Afdeling is uitgebrei om totale verlies van, en onherstelbare skade aan, die buitebande of kruipbande in te sluit, wat gegewe is in die Skedule en omvattend verseker is, as gevolg van skade veroorsaak deur onsigbare of versteekte voorwerpe terwyl op die pad of enige ander oppervlak;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy se aanspreeklikheid beperk word tot R5 000 (vyf duisend rand) per buiteband of kruipband, vir enige enkele gebeurtenis.
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees;
2. alle buitebande of kruipbande van die betrokke item(s) moet gespesifiseer wees in die Skedule;
3. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand) vir ieder en elke eis;
4. die Versekerde sal op eie onkoste, ʼn inspeksie laat doen van alle skade, slytasie en verweer, deur een of meer erkende versolers/herstellers om vas te stel of ʼn band of kruipband herstel kan word en wat die omvang van slytasie en verweer ten tye van die verlies of skade is;
5. hierdie Uitbreiding sluit nie verweer en slytasie in nie.
Die voorwaardes van hierdie Afdeling wat verband hou met die Eerste Bedrag Betaalbaar is nie op hierdie Uitbreiding van toepassing nie.
Wrakverwydering
Die dekking verleen ingevolge Onderafdeling A van hierdie Afdeling word uitgebrei om koste en uitgawes in te sluit wat deur die Versekerde aangegaan word, ten opsigte van die opruiming en verwydering van puin en wrakstukke van enige versekerde voertuig ná skade aan sodanige voertuig deur ʼn Omskrewe Gebeurtenis;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
Bykomend tot die skadeloosstellingsperk ingevolge Onderafdeling A van hierdie Afdeling, sal die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van enige enkele gebeurtenis hoogstens R15 000 (vyftien duisend rand) beloop.
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 261











































































   261   262   263   264   265