Page 264 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 264

 OPSIONELE KLOUSULES EN UITBREIDINGS (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule) Elektroniese toerusting gebruik vir presisie boerdery
As teenprestasie vir die betaling van ʼn bykomende premie sal die Maatskappy die Versekerde skadeloosstel vir verlies van, of skade aan elektroniese toerusting wat gebruik word vir presisie boerdery, en wat alleenlik geïnstalleer is in, of op besproeiingstelsels op wiele en spilpunte, gespesifiseer in die Skedule;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die voertuig verseker is in terme van Onderafdeling A van hierdie Afdeling;
2. sodanige elektroniese toerusting moet individueel vir elke omvattend versekerde voertuig in die Skedule gespesifiseer word;
3. die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van enige enkele gebeurtenis sal tot die gegewe bedrag vermeld in die Skedule beperk word;
4. die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees vir die eerste bedrag betaalbaar van R2 000 (twee duisend rand) ten opsigte van ieder en elke eis nie.
Uitsondering 1 onder Uitsonderings in Onderafdeling A – Verlies of skade, word gekanselleer en vervang deur:
1. Gevolglike verlies as gevolg van enige oorsaak hoegenaamd, waardevermindering hetsy as gevolg van herstelwerk na ʼn Omskrewe Gebeurtenis of andersins, enige verlies, of gevolglike verlies, of skade (behalwe deur brand) as gevolg van meganiese onklaarraking, slytasie en verweer, weierings of brekasies”.
Krediettekort
Indien enige algehele verliesskikking ingevolge Onderafdeling A minder is as die bedrag wat aan die finansier verskuldig is ingevolge ʼn huidige afbetalings- of bruikhuurooreenkoms, betaal die Maatskappy aan die Versekerde ʼn bykomende bedrag gelykstaande aan die tekort, minus:
1. enige agterstallige paaiemente of huurgeld insluitende rente betaalbaar op sodanige agterstallige bedrae;
2. alle premie-terugbetalings vir kansellasie van enige versekeringsdekking wat met die voertuig verband hou;
3. die verhoogde paaiemente of huurgeld wat betaal sou word indien daar geen reskapitaalwaarde aan die einde van die finansieringstydperk bestaan het nie, bereken tot die maand waarin die eis geskik word;
4. die eerste bedrag betaalbaar ingevolge Onderafdeling A;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die bedrae betaalbaar hoogstens maksimum skadeloosstelling minus die Eerste Bedrag Betaalbaar ingevolge Onderafdeling A beloop;
2. hierdie endossement nie van toepassing is op ʼn ooreenkoms ingevolge waarvan die bedrag van enige enkele paaiement, buiten die finale reswaarde-bedrag ná die aanvanklike paaiement, met meer as 10% (tien persent) van enige ander paaiement verskil nie;
3. indien sodanige tekort die resultaat is van ʼn hervoorskot ingevolge ʼn afbetalingsooreenkoms of herfinansiering ingevolge ʼn bruikhuurooreenkoms, die versekering ingevolge hierdie Uitbreiding nietig verklaar word;
4. die bedrag betaalbaar onder hierdie Uitbreiding nie die gegewe bedrag vermeld in die Skedule sal oorskry nie, onderworpe aan die Bepalings, Uitsonderings en Voorwaardes van hierdie Uitbreiding.
Oproer en staking
Onderworpe aan die Bepalings, Voorwaardes, Uitsluitings, Uitsonderings en Waarborge wat daarin vervat word, word hierdie Afdeling uitgebrei om skade in te sluit wat regstreeks veroorsaak word deur, of deur middel van, of as gevolg van:
1. burgerlike beroering, arbeidsonluste, oproer, staking of uitsluiting;
2. die optrede van enige wettig ingestelde owerheid by die beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige ander wyse gehandel word met enige gebeurtenis waarna in (1) hierbo verwys word;
Besproeiingsstelsels op wiele en Spilpunte
  Bladsy | 262 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022









































































   262   263   264   265   266