Page 265 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 265

 Besproeiingsstelsels op wiele en Spilpunte
 MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Uitbreiding sal nie die volgende insluit nie:
1. verlies of skade wat binne die Republiek van Suid-Afrika en Namibië plaasvind;
2. gevolglike of onregstreekse verlies of skade van enige aard of beskrywing hoegenaamd, behalwe verlies aan huurgeld, indien dit spesifiek verseker is;
3. verlies of skade wat voortspruit uit die algehele of gedeeltelike staking van werk, of die vertraging of onderbreking of staking van enige proses of werksaamheid;
4. verlies of skade wat veroorsaak word deur permanente of tydelike besitsontneming wat spruit uit die konfiskering, kommandering of rekwisisie deur enige wettig ingestelde owerheid;
5. verlies of skade wat verband hou met of veroorsaak word deur enige gebeurtenis waarna daar in Algemene Uitsondering 1.1.2, 1.1.3, 1.1.4, 1.1.5 of 1.1.6 van hierdie Polis verwys word, of enige optrede van enige wettig ingestelde owerheid in beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige ander wyse gehandel word, met sodanige gebeurtenis.
Indien die Maatskappy uit hoofde van voorbehoudsbepaling 1, 2, 3, 4 of 5 hierbo kan bewys dat hierdie Afdeling nie verlies of skade insluit nie, rus die onus op die Versekerde om die teendeel te bewys.
OPSIONELE DEKKINGSBEPERKINGS (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule) Slegs derde party
Die volgende word gekanselleer: 1. Onderafdeling A
Derde party, brand en diefstal alleenlik
Die aanspreeklikheid van die Maatskappy ingevolge Onderafdeling A word uitsluitlik beperk tot verlies of skade voortvloeiend uit brand, selfontbranding, weerlig of ontploffing of weens diefstal of kaping.
Derde party en brand alleenlik
Die aanspreeklikheid van die Maatskappy kragtens Onderafdeling A is uitsluitlik beperk tot verlies of skade voortvloeiend uit brand, selfontbranding, weerlig of ontploffing.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS (van toepassing op alle Onderafdelings)
1. Die Maatskappy is nie aanspreeklik nie vir enige ongeluk, besering, verlies, skade of aanspreeklikheid:
1.1 terwyl die voertuig met die algemene medewete en toestemming van die Versekerde gebruik word op 'n ander wyse as in ooreenstemming met beskrywing van gebruik klousule;
1.2 opgedoen:
1.2.1 buite die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Eswatini (voormalige Swaziland), Zambië, Zimbabwe, Malawi en Mosambiek;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees vir enige ongeluk, besering, verlies, skade of aanspreeklikheid indien die land wat binnegegaan word, dekking by toegang verskaf nie;
1.2.2 die Maatskappy ook die Versekerde skadeloosstel teen verlies van of skade aan enige voertuig terwyl dit in transito is op see of per lug, tussen hawens of plekke in hierdie grondgebiede, insluitende die laai en aflaai wat met sodanige transito gepaard gaan;
2. Die Maatskappy is nie aanspreeklik nie vir enige eis wat ontstaan uit kontraktuele aanspreeklikheid, tensy die Versekerde nieteenstaande sodanige kontraktuele ooreenkoms aanspreeklik sou gewees het.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 263










































































   263   264   265   266   267