Page 267 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 267
Brand – oes en mied & tabak (Veld na vloer)
Transito
1. die Maatskappy sal die Versekerde skadeloosstel tot en met R100 000 (een honderd duisend rand) per gebeurtenis, of R200 000 (twee honderd duisend rand) in geheel vir enige een versekeringstydperk, vir verlies van of skade aan die geheel of gedeelte van die eiendom beskryf in die Skedule, regstreeks veroorsaak deur brand, weerlig, vloed, botsing en omslaan van die vervoermiddel, insluitend die op- en/of aflaai van die vrag;
2. die Versekerde is verantwoordelik vir die eerste bedrag betaalbaar van R2 500 (twee duisend vyf honderd rand) van ieder en elke eis.
OMSKRYWINGS
Sakke
Enige aantal sakke op die land, of by die miedens soos wat benodig mag word vir die normale aktiwiteite van een dag
Die term ‘gebeurtenis’ sal verwys na ʼn gebeurtenis of ʼn reeks gebeurtenisse wat voortspruit uit een oorsaak waarvoor skadeloosstelling deur hierdie versekering voorsien word
Oes terwyl dit op die land staan, geoes, gebondel, gebaal, miedens, gedors, gestroop en los of in sakke gehou word (insluitende in silosakke) op die land waar dit geoes is en terwyl dit in transito na ʼn mied, of die spoorwegstasie, of depot is en op enige plek waar dit tydelik (maksimum 7 dae) voor verkoop geberg word
Eiendom bestaande uit luggedroogde tabak (uitsluitend Burley) alleenlik, van die oomblik dat dit gepluk, gebondel, gebaal, gestapel en los, of in sakke is op die land waar dit gepluk is en terwyl dit in transito is na die punt van aflewering en op enige plek waar dit tydelik (maksimum 7 dae) voor verkoop geberg word
Gebeurtenis
Oes
Tabak
Mied (ouland en/of ander veldgras)
enige miedens bestaande uit oulandsgras (Eragrostis) en/of veldgras hierkragtens verseker, sal bestaan uit gras wat gedurende die huidige seisoen gesny is
Vervoer
Vernietiging van, of skade aan die versekerde eiendom wat aan die Versekerde behoort, regstreeks veroorsaak deur brand, weerlig, vloed, botsing en die omslaan van die vervoermiddel, insluitend die op- en/of aflaai van die vrag en diefstal wat volg op voorgenoemde gebeurtenisse terwyl dit vervoer word in, of op enige wyse van vervoer van die plaas na die naaste spoorwegstasie, depot, pakhuis, agent, plek van bewaring of tydelike bewaring, of terwyl in, of op die snymasjien/dorsmasjien
SPESIFIEKE VOORWAARDES
Berging van oeste (pitte/sade) in silosakke
Dit is ʼn voorvereiste vir enige aanspreeklikheid van die Maatskappy dat dekking op oeste (pitte/sade) wat geberg word in silosakke op die versekerde persele soos vermeld in die Skedule, streng onderworpe sal wees aan die toepassing van die vervaardigers se gebruiksaanwysings asook instandhouding van die silosakke soos voorgeskryf deur die vervaardigers/ verskaffers daarvan.
Berging van tabak
1. Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees vir skade veroorsaak deur water nie, tensy die dak van die gebou waar sodanige skade plaas gevind het, fisiese en sigbare skade opdoen deur enige van die versekerde gevare en waardeur die water binnegedring het;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy aanspreeklik sal wees vir vernietiging van, of skade aan eiendom wat veroorsaak is deur oorstroming wat vir die doeleindes hiervan sal beteken:
1. die oorstroming of afwyking van water uit normale waterkanale of uit natuurlike of kunsmatige waterlope;
2. die vloei van, of ophoping van water op die grond behalwe die vloei, of ophoping van water uit waterpype, krane, kleppe, geute of geutafleipype.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 265