Page 268 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 268
2. Nieteenstaande die bogenoemde word dit verder vereis dat:
2.1 geen voer van enige aard geberg sal word in die geboue wat gebruik word vir die verwerking en berging van blaartabak nie;
2.2 alle tabakafval daagliks opgevee en uit die sorteer- en bergingskure verwyder sal word;
2.3 geen droging van tabak deur middel van beroking/oonddroging gedoen word nie;
2.4 die Versekerde skriftelik rekord sal hou van hoeveelhede tabak wat daagliks op sy/haar persele is, naamlik:
2.4.1 Tabak in oonde;
2.4.2 Tabak in die proses van verwerking;
2.4.3 Verwerkte tabak reeds gebaal, maar nog in voorraad; en
2.4.4 Tabak reeds bemark.
Sodanige rekords moet altyd afsonderlik in veilige bewaring gehou word, weg van die tabakskure en -oonde en moet beskikbaar wees in die geval van brandskade of verlies om die skade te kan bepaal.
2.5 die temperature in tabakmiedens, en humiditeit rondom tabakmiedens, moet ten minste twee keer per week gemonitor word, vandat die mied gepak is totdat dit afgepak word vir verdere prosessering, en/of bewerking daarvan, en dat ʼn behoorlike skriftelike rekord van elke mied afsonderlik gehou sal word en dat die Maatskappy te eniger tyd geregtig sal wees om daarop aan te dring om die Versekerde se rekords ten opsigte van mied temperature en humiditeitslesing te ondersoek.
Ruvoer
In die geval van verlies of skade aan die versekerde eiendom veroorsaak deur brand, weerlig of ontploffing soos in hierdie Afdeling beskryf, sal die aanspreeklikheid van die Maatskappy beperk wees tot:
1. 85% (vyf en tagtig persent) van die verlies of skade ten opsigte van die versekerde eiendom in geboue;
2. 75% (vyf en sewentig persent) van die verlies of skade ten opsigte van versekerde eiendom wat:
2.1 op die lande staan;
2.2 gesny op die lande gelaat word gedurende die proses van voorbereiding en insameling;
2.3 gebaal op die lande gelaat word gedurende die proses van insameling;
2.4 in ʼn mied/stapel gepak is, of wat in ʼn groep miedens/stapels gepak is, wat een brandrisiko vorm waarvan die waarde in geheel R350 000 (drie honderd en vyftig duisend rand) oorskry;
3. 85% (vyf en tagtig persent) van die verlies of skade ten opsigte van die versekerde eiendom wat in ʼn mied/stapel gepak is, of in ʼn groep miedens/stapels gepak is, wat een brandrisiko vorm waarvan die waarde in geheel nie R300 000 (drie honderd duisend rand) oorskry nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die aanspreeklikheid van die Maatskappy beperk word tot ʼn maksimum van R500 000 (vyf honderd duisend rand) vir enige enkele gebeurtenis, tensy spesifiek andersins met die Maatskappy ooreengekom en as sodanig in die Skedule vermeld is.
2. hierdie Memorandum sal afsonderlik van toepassing wees op elke mied/stapel of groep miedens/stapels wat een brandrisiko vorm;
3. die Versekerde sal geag word om sy eie versekeraar te wees vir 15% (vyftien persent) ten opsigte van bogenoemde 1 en 3 en 25% (vyf en twintig persent) ten opsigte van 2.4 en sal dienooreenkomstig na verhouding ʼn eweredige deel van die verlies dra.
4. een of meer miedens/stapels of groepe miedens/stapels wat gesamentlik nie R500 000 (vyf honderd duisend rand) in waarde oorskry nie en minder as 100 (een honderd) meter van ʼn ander geleë is, sal beskou word om een brandrisiko te vorm.
Brand – oes en mied & tabak (Veld na vloer)
Bladsy | 266 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022