Page 270 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 270

 KLOUSULES EN UITBREIDINGS Arbeiders-/kontrakteurs-/werknemer-klousule
Indien ʼn arbeider, kontrakteur of werknemer sonder die wete van die Versekerde iets doen of versuim om iets te doen wat teenstrydig is met die Voorwaardes van hierdie Afdeling, sal dekking nie nietig verklaar word nie. Die Versekerde moet die Maatskappy van so ʼn daad of versuim in kennis stel sodra hy/sy daarvan bewus word.
Eweredigheid
Van toepassing op:
1. Oes
Indien daar ten tye van ʼn eis gevind word dat die verklaarde aantal hektare waarvolgens die opbrengs geskat is minder is as die werklike aantal, sal die geskatte opbrengs dienooreenkomstig verhoog word en sal eweredigheid soos volg bepaal word:
1.1 Die Versekerde sal beskou word sy eie versekeraar te wees vir die verskil, gegrond op berekenings soos hierbo uiteengesit, en sal dienooreenkomstig na verhouding ʼn eweredige deel van die verlies self dra.
2. Miedens en Tabak
Indien die eiendom hierdeur verseker by die aanvang van enige vernietiging van, of skade aan sodanige eiendom, deur enige gevaar waarteen verseker word gesamentlik van meer waarde is as die bedrag waarvoor dit verseker is, dan sal die Versekerde geag word om sy/haar eie versekeraar vir die verskil te wees en moet hy/sy dienooreenkomstig ʼn eweredige deel van die verlies self dra. Elke item, as daar meer as een is, sal afsonderlik aan hierdie voorwaarde onderworpe wees.
Huurders
Die Maatskappy se aanspreeklikheid teenoor die Versekerde word nie geraak deur enige optrede of versuim aan die kant van enige eienaar van ʼn gebou of enige huurder (behalwe die Versekerde) wat sonder die Versekerde se medewete geskied nie. Die Versekerde moet die Maatskappy egter van enige sodanige optrede of versuim, wat strydig is met die bepalings, uitsonderings of voorwaardes van hierdie Afdeling, in kennis stel sodra hy daarvan bewus word en is dan verantwoordelik vir enige bykomende premie wat betaalbaar is vanaf die datum waarop enige verhoogde risiko deur die Maatskappy aanvaar word.
Spoorweg en ander subrogasie
Die Versekerde word nie benadeel nie, deur die ondertekening van Transnet se besteldiensvrywaring insake gevaarlike persele of ander spesiale ooreenkomste met die Transnet-administrasie betreffende private sylyne of soortgelyke ooreenkomste met ander staatsliggame.
Verklaringsooreenkoms (veld na vloer tabak)
Die premie betaalbaar is voorlopig en is bereken op die grondslag van die Versekerde se beraamde waarde van die hele tabakoes op die plaas/plase vermeld in die Skedule, en die Versekerde onderneem om teen die einde van die seisoen aan die Maatskappy die totale waarde van die gegewe oes, soos vasgestel deur die verkope daarvan, te verklaar. Indien die totale waarde aldus verklaar meer of minder is as die beraamde syfer waarop die premie betaal is, sal die verskil in premie bereken word teen die tarief van toepassing op hierdie Afdeling, en sal die verskil deur of aan die Versekerde betaal word, na gelang van die geval;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
indien ʼn eis kragtens hierdie Afdeling sou ontstaan, die bedrag sodanig betaal of betaalbaar, ingesluit sal wees en deel sal vorm van die verklaarde oes.
Voertuigvrag
Indien enige van die Versekerde se voertuie oornag met 'n vrag daarop gelaat word terwyl dit in of op die perseel is soos vermeld in die Skedule, sal die Maatskappy die Versekerde skadeloosstel ten opsigte van sodanige vrag in die geval van verlies of skade as gevolg van enige van die gevare waarteen daar kragtens hierdie Afdeling verseker word.
Brand – oes en mied & tabak (Veld na vloer)
  Bladsy | 268 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022














































































   268   269   270   271   272