Page 272 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 272
ONDERAFDELING A – EIENDOM OMSKREWE GEBEURTENISSE
HUISEIENAARS
Skade aan die geheel of gedeelte van die eiendom beskryf in die Skedule, besit deur die Versekerde of waarvoor hulle wettiglik verantwoordelik is, insluitende veranderings gemaak deur die Versekerde as huurders van die gebou en strukture, deur:
1. brand;
2. weerlig en donderslag;
3. onderaardse brand;
4. ontploffing;
5. aardbewing (hetsy veroorsaak deur mynbedrywighede of andersins), vulkaniese uitbarsting of ander skudding, maar uitgesluit verlies van of skade aan eiendom in die ondergrondse bedrywighede van ʼn myn;
6. spesiale gevare:
6.1 storm, wind, water, hael of sneeu, uitsluitendend skade aan eiendom;
6.1.1 wat voortspruit uit enige proses wat dit ondergaan en wat noodsaaklikerwys die gebruik of aanwending van water behels;
6.1.2 ʼn vloedgolf weens aardbewing;
6.1.3 of enige struktuur wat nie geheel en al onder dak is nie, tensy spesifiek verseker as ʼn afsonderlike item in die Skedule;
6.1.4 of dien as keermure, tensy spesifiek verseker as ʼn afsonderlike item in die Skedule;
6.1.5 soos hekke, pale en grensdrade wat nie van klip, beton, staal of bakstene gebou is nie;
6.2 lugvaartuie en ander lugtoestelle of voorwerpe wat daaruit laat val word;
6.3 botsing deur diere, bome (behalwe vallende bome terwyl kontrakteurs besig is met die afkap daarvan), antennas, satellietskottels of voertuie, met uitsluiting van skade aan sodanige diere, bome, antennas, satellietskottels, voertuie, of eiendom in of op sodanige voertuie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Omskrewe Gebeurtenis (spesiale gevare) nie die volgende insluit nie:
1. verweer en slytasie of geleidelike agteruitgang;
2. skade veroorsaak of vererger deur:
2.1 insakking of grondverskuiwing;
2.2 die Versekerde se versuim om alle redelike voorsorgmaatreëls te tref vir die instandhouding en veiligheid van die versekerde eiendom en vir die minimalisering van enige skade;
2.3 muf, vogtigheid, stygende vog, roes, korrosie of verrotting;
2.4 gevolglike verlies of skade van watter aard ook al, buiten die Verlies aan Huurgeld soos omskryf in Onderafdeling C van hierdie Afdeling;
2.5 verlies of skade as gevolg van strukturele gebrek of gebrekkige vakmanskap; onafskeidelik en verborge euwels of foutiewe of gebrekkige ontwerp, tekort aan instandhouding, normale verwering en slytasie en korrosie;
7. die ontsnap van water vanuit wasmasjiene of skottelgoedwassers en verlies van, of skade aan warmwatertoestelle, watertenks, watertoerusting, waterpype, drupbakke, panne en warmwaterstelsels, toevallige lekkasie van olie vanuit vaste olieverwarmingsinstallasies, as gevolg van die skielike en onverwagse barsting en lekkasie, die eiendom van die Versekerde geïnstalleer in geboue omskryf in die Skedule;
Huiseienaars
Bladsy | 270 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022