Page 274 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 274
Huiseienaars
WOORDOMSKRYWING
Eiendom
Die gebou(e) van die privaat woonhuis(e) en alle privaat motorhuise, huishoudelike buitegeboue en huishoudelike woonstelle op die perseel soos vermeld in die Skedule, gebou van steen, klip, beton of metaal op 'n metaal-raamwerk met dak van leisteen, teëls, metaal, beton of asbes behalwe indien anders vermeld in die Skedule, insluitende mure, hekke met inbegrip van masjinerie daarvan, heinings (behalwe aangeplante heinings), spa-baddens, sauna-kamers, jacuzzi’s, gesonke swembaddens met inbegrip van die filtreertoerusting, spa-, sauna-, jacuzzi- en swembadmasjinerie (behalwe outomatiese swembadskoonmaaktoerusting), swembadveiligheidsnette en oortreksels, tennisbane, muurbalbane, huishoudelike watertenks en strukture daarvan, septiese riooltenke, huishoudelike boorgatpompe en elektriese motors, asook enige ander huishoudelike water verskaffings toerusting (uitgesonderd windpompe en windpomptoerusting), elektriese lugversorgers, sonverhittingstelsels, baksteen-, teer- of beton-opritte en patio's op dieselfde perseel en wat uitsluitlik in verband daarmee gebruik word, met inbegrip van die huiseienaar se los en vaste toebehore daarin of daarop
SPESIFIEKE UITSONDERINGS
Hierdie versekering sluit nie die volgende in nie:
skade aan eiendom wat veroorsaak of vererger word deur waardevermindering, motte, ongediertes, insekte en termiete.
ONDERAFDELING B – OPENBARE TOEVOERVERBINDINGS OMSKREWE GEBEURTENISSE
Toevallige skade aan water-, riool-, gas-, elektrisiteit- en telekommunikasieverbindings wat die eiendom van die Versekerde is of waarvoor hy regtens verantwoordelik is tussen die versekerde eiendom en die openbare hooftoevoerverbindingspunte.
ONDERAFDELING C – HUURGELD OMSKREWE GEBEURTENISSE
Verlies van huurgeld as gevolg daarvan dat die versekerde eiendom sodanig beskadig is deur enige van die gespesifiseerde gevare dat dit onbewoonbaar is, (insluitende gedeeltelik onbewoonbaar), maar slegs vir die tydperk wat vir die herstel nodig is en vir 'n bedrag van hoogstens 30% (dertig persent) van die versekerde bedrag waarvoor die eiendom verseker is. Die grondslag van berekening sal wees die huurgeld wat onmiddellik voor die skade betaalbaar is of die gelykstaande huurwaarde daarvan.
ONDERAFDELING D – AANSPREEKLIKHEID OMSKREWE GEBEURTENISSE
Skadevergoeding waarvoor die eienaar van die gebou regtens aanspreeklik gehou word as gevolg van die toevallige dood, of liggaamlike besering, of siekte van enige persoon (hierna besering genoem) of die toevallige verlies van, of fisieke skade aan tasbare eiendom (hierna skade genoem) wat voorkom gedurende die versekeringstydperk in, op of in die omgewing van die versekerde eiendom en wat voortspruit uit die Versekerde se eienaarskap daarvan.
SKADELOOSSTELLINGSPERK
Die bedrag betaalbaar, met inbegrip van enige regskoste wat deur ’n eiser of enige getal eisers van die Versekerde verhaalbaar is en alle ander koste en uitgawes wat met die Maatskappy se toestemming aangegaan word vir enige enkele gebeurtenis of reeks gebeurtenisse met een oorspronklike oorsaak of bron beloop hoogstens R5 000 000 (vyf miljoen rand).
Bladsy | 272 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022