Page 276 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 276
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die algehele aanspreeklikheid van die Maatskappy nie verhoog word bó die skadeloosstellingsperk wat in die Skedule vermeld word nie.
2. Met dien verstande dat die algehele aanspreeklikheid van die Maatskappy nie verhoog word bó die skadeloosstellingsperk wat vermeld word nie, stel die Maatskappy ook skadeloos asof 'n afsonderlike Polis aan elkeen uitgereik is.
3. Slegs ten opsigte van hierdie Onderafdeling word Algemene Uitsondering 1 geskrap en deur die volgende vervang: "Hierdie Onderafdeling sluit nie besering, skade of aanspreeklikheid wat regstreeks of onregstreeks veroorsaak is deur of verband hou met of die gevolg is van oorlog, inval, die optrede van 'n buitelandse vyand, vyandelikhede of krygsverrigtinge (hetsy oorlog verklaar is al dan nie), burgeroorlog, muitery, opstand, rebellie, revolusie, militêre of geüsurpeerde gesag in nie".
4. Indien, ten tye van enige voorval wat aanleiding gee tot ’n eis ingevolge hierdie onderafdeling, skadeloosstelling ingevolge enige ander versekering verleen word, dra hierdie onderafdeling nie saam met enige ander versekering by nie, behalwe met betrekking tot enige bedrag bó die bedrag wat deur sodanige ander versekering betaalbaar is.
5. Nieteenstaande Spesifieke Uitsondering 3 sal die Maatskappy die Versekerde skadeloosstel indien ʼn tuindienste- maatskappy onder kontrak aangestel is om die tuin by die versekerde perseel soos vermeld in die Skedule, in stand te hou en wettiglik aanspreeklik is vir die handelinge of versuim van die werknemers van die tuindienste in die uitvoer van hul pligte by die perseel.
KLOUSULES EN UITBREIDINGS Arbeider-/kontrakteur-/werknemer-klousule
Indien ʼn arbeider, kontrakteur of werknemer sonder die wete van die Versekerde iets doen of versuim om iets te doen wat teenstrydig is met die Voorwaardes van hierdie Afdeling, sal dekking nie nietig verklaar word nie. Die Versekerde moet die Maatskappy van so ʼn daad of versuim in kennis stel sodra hy/sy daarvan bewus word.
Argitek- en ander professionele fooie
Die versekering ingevolge Onderafdeling A van die Skedule sluit professionele fooie in (vir kosteberamings, planne, spesifikasies, hoeveelhede, tenders en toesighouding), wat noodwendig aangegaan word in die herstel of vervanging van die versekerde eiendom na skade weens ʼn Omskrewe Gebeurtenis, maar in geen geval 20% (twintig persent) van die bedrag betaalbaar vir sodanige skade oorskry nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die gehele bedrag verhaalbaar nie die bedrag waarvoor die geaffekteerde eiendom verseker is, sal oorskry nie. Die bedrag betaalbaar ten opsigte van sodanige fooie sal nie uitgawes insluit wat aangegaan is om die Versekerde se eis voor te berei nie.
Beweeglikheidskostes
In die geval van liggaamlike besering aan die Versekerde, of enige lid van die Versekerde se gesin wat normaalweg by die Versekerde inwoon, binne die grense van die woning, of die terrein van die woning, opgedoen as ʼn slagoffer van geweld wat gepaard gaan met diefstal, poging tot diefstal, terwyl in aanhouding, kaping, of brand en as direkte gevolg van die voorval sodanige persoon permanent afhanklik is van ʼn rolstoel vir beweeglikheid, sal die Maatskappy betaal vir kostes redeliker- en noodsaaklikerwys aangegaan vir:
1. ʼn selfaangedrewe rolstoel; en/of
2. veranderinge aan die versekerde se privaat woning geleë by die risiko-adres soos in die Skedule vermeld om voorsiening te maak vir die gebruik van sodanige rolstoel;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van hierdie Afdeling, sowel as enige ander Afdeling waarvolgens hierdie Uitbreiding van toepassing mag wees, nie R20 000 (twintig duisend rand) per enige enkele gebeurtenis sal oorskry nie.
Huiseienaars
Bladsy | 274 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022