Page 278 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 278

 Koste van sloping, verwydering van puin en die oprigting van skuttings
Die versekering onder hierdie Afdeling sluit koste in noodsaaklikerwys deur die Versekerde aangegaan in die sloping van geboue en/of die verwydering van puin en in die voorsiening, oprigting en instandhouding van skuttings gedurende sloping, opruiming en/of herboubedrywighede na skade aan die versekerde eiendom weens ʼn Omskrewe Gebeurtenis;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die totale bedrag verhaalbaar nie die versekerde bedrag op die eiendom wat geaffekteer is, sal oorskry nie. Die Maatskappy sal nie vir die volgende kostes en uitgawes betaal nie:
1. aangegaan in die verwydering van puin, behalwe van die terrein van sodanige eiendom wat vernietig of beskadig is en die area onmiddellik aanliggend tot die terrein;
2. wat voortspruit uit besoedeling of kontaminasie van eiendom wat nie verseker is onder hierdie Polis/Afdeling nie.
Meganiese onklaarraking (slegs elektriese stowe)
Nieteenstaande enigiets strydig hierin vervat, word hierdie Afdeling uitgebrei om die volgende in te sluit:
Toevallige meganiese of elektriese onklaarraking van enige elektriese stoof terwyl in die geboue op die perseel soos vermeld in die Skedule;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees nie ten opsigte van:
1. skade wat ontstaan uit slytasie en verweer, waardevermindering, muf, roes, motte, ongediertes, insekte, larwes, enige skoonmaak-, kleuring-, herstel- of restoureerproses en geleidelike agteruitgang wat die werking van lig-, atmosferiese- of klimaatstoestande insluit;
2. krapmerke, skaafmerke, duike of afsplintering;
3. skade wat ontstaan uit foutiewe of gebrekkige ontwerp, materiaal of vakmanskap;
4. skade wat ontstaan uit onafskeidelik en verborge euwels ;
5. skade wat ontstaan uit gebrek aan instandhouding;
6. skade wat ontstaan deur enige verontagsaming van die vervaardigers se aanwysings aangaande die werkverrigtinge van die elektriese stoof;
7. skade waarvoor voorsiening gemaak word kragtens die waarborg van die vervaardigers van enige elektriese stoof;
MET VERDERE DIEN VERSTANDE DAT:
1. Algemene Voorwaarde 33 – Eweredigheid sal nie van toepassing sal wees nie;
2. die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van ʼn enkel gebeurtenis nie R10 000 (tien duisend rand). Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
3. die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees vir die eerste bedrag betaalbaar van R500 (vyf honderd rand) ten opsigte van ieder en elke gebeurtenis nie.
Motors en pomptoerusting
Die Maatskappy sal betaal vir die vervanging, of herstel van toevallige, onverwagse verlies, of skade aan vaste masjinerie slegs vir huishoudelike gebruik, of swembaddens, jacuzzi’s, boorgate (uitsluitende windpompe), besproeiingstelsels, filtreertoerusting, elektriese lugversorgers, sonverhittingstelsels (vasgesit aan die gebou[e] of andersins), waterpompmasjinerie, elektroniese hekmotors, garagedeurmotors of diefalarmstelsels weens ʼn versekerde gevaar;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees om meer as R10 000 (tien duisend rand) vir enige een gebeurtenis of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule te betaal nie;
2. die Versekerde is verantwoordelik vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis met ʼn minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand) vir elke eis;
Huiseienaars
  Bladsy | 276 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022






































































   276   277   278   279   280