Page 279 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 279

 Huiseienaars
 3. die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees om die volgende te vergoed nie:
3.1 outomatiese swembadskoonmakers;
3.2 verlies of skade as gevolg van verweer en slytasie;
3.3 geleidelike agteruitgang;
3.4 verlies of skade regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur roes, of as gevolg van die uitvloei van water vanuit enige houer, insakking, grondverskuiwing of die ineenstorting van enige gebou;
3.5 die verkeerde gebruik van gereedskap of toerusting, eksperimente, opsetlike oorlading of die toevoeging van abnormale toestande;
3.6 skade wat voortspruit uit hidrouliese toetsing of wat gedurende roetine-ondersoek ontdek word;
3.7 skade as gevolg van onafskeidelike en verborge euwels wat aan die Versekerde of sy verantwoordelike werknemer(s) ten tye van die aanvaarding van hierdie versekering bekend was en nie aan die Maatskappy geopenbaar is nie;
3.8 herstel of vervanging:
3.8.1 toe te skrywe aan afslyting of wegtering van die materiaal van die aanleg, verwringing of vervorming wat stadig ontwikkel, of ander geleidelike agteruitgang van enige deel van die aanleg, onklaarraking van verbindings of lasse, gebrekkige ontwerp, vakmanskap of materiaal;
3.8.2 van sekerings of elektriese kontakpunte waar vonking of boogvorming plaasvind, verhittingselemente, kollektorborsels, sleepdrade, kleppe, matryse, vere, koppelaarplate, suierringe, pakstukke, seëls, omruilbare of ontbeerlike onderdele soos boorpunte, boorysters, snyers, messe, lemme, kettings, bande, verbindings- of digtings-/pakkingsmateriaal of toebehore soos smeltbare kragproppe, skuifpenne, veiligheidskakels en onderdele nie van metaal vervaardig nie (behalwe isolering van elektriese geleiers), transformatorolie of skakelaarolie of koelmiddels;
3.9 enige eis waarvoor voorsiening gemaak word kragtens 'n waarborg deur die vervaardigers van die voorgenoemde masjinerie of ten opsigte van 'n dienskontrak verskaf ten opsigte van sodanige masjinerie;
3.10 verlies of skade aan huishoudelike boorgatpompe en elektriese motors wat onder die normale vloedlyn van riviere en strome geleë is.
Ongeriefsdekking
In die geval van ʼn totale verlies van die perseel veroorsaak deur ʼn versekerde gevaar waarvoor die Maatskappy die Versekerde skadeloosstel, sal ʼn bykomende bedrag van R10 000 (tien duisend rand) aan die Versekerde betaal word ten opsigte van enige ongerief wat gely is.
Professionele skoonmaakdienste
Die Maatskappy sal betaal vir ʼn professionele organisasie om die versekerde geboue skoon te maak indien dit bemors of bevlek is gedurende ʼn aanval op die Versekerde deur ʼn derde party, buiten as dit die Versekerde se familie is;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die aanspreeklikheid van die Maatskappy met betrekking tot enige een gebeurtenis nie R5 000 (vyf duisend rand) sal oorskry nie.
Traumaberadingvoordeel
Die Maatskappy sal betaal vir professionele berading wat volg op trauma wat ontstaan het as ʼn gevolg van diefstal, poging tot diefstal, aanhouding of kaping op die versekerde perseel;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Aanspreeklikheid van die Maatskappy met betrekking tot enige een gebeurtenis nie R10 000 (tien duisend rand) sal oorskry nie.
Tuinuitleg
Die Maatskappy sal tot en met R10 000 (tien duisend rand) betaal vir kostes wat redelikerwys en noodsaaklikerwys aangegaan word deur die Versekerde vir die vervanging van bome, struike, grasperke, plante en vaste besproeiingstelsels geleë op die gronde van die versekerde geboue soos vermeld in die Skedule.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 277








































































   277   278   279   280   281