Page 281 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 281
Huiseienaars
Verlies van slotte, sleutels, sentrale sluitstelsels en afstandbeheerders
Die Maatskappy stel die Versekerde skadeloos ten opsigte van die koste van die vervanging van slotte, sleutels en afstandbeheerders insluitende die alarm-afstandbeheerder en, indien nodig, die herprogrammering van enige gekodeerde alarmstelsel van enige versekerde eiendom ná verlies van enige sleutel of alarmbeheerder van sodanige versekerde eiendom of, nadat die Versekerde rede het om te glo dat enige ongemagtigde persoon van ʼn duplikaat van sodanige sleutel of alarmbeheerder in besit mag wees;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van enige enkele gebeurtenis hoogstens R15 000 (vyftien duisend rand) sal beloop.
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
2. die Versekerde aanspreeklik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand) ten opsigte van ieder en elke eis.
Vereistes van openbare owerhede
Die versekering kragtens hierdie Afdeling sluit in sodanige bykomende koste vir die herstel- of herboukoste van die beskadigde eiendom wat aangegaan word alleenlik vanweë die noodsaaklikheid om te voldoen aan bou- of ander regulasies kragtens enige parlementswet of verordening van enige provinsiale, munisipale of ander plaaslike owerheid.
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die bedrag verhaalbaar onder hierdie Klousule nie sal insluit nie:
1.1 koste aangegaan om aan enige van die voorgemelde regulasies te voldoen:
1.1.1 ten opsigte van skade wat plaasvind voordat hierdie Klousule in werking getree het;
1.1.2 ten opsigte van skade wat nie kragtens hierdie Afdeling verseker is nie;
1.1.3 onder andere kennis daarvan aan die Versekerde gegee is voordat die skade plaasgevind het;
1.1.4 ten opsigte van onbeskadigde versekerde eiendom of onbeskadigde gedeeltes van die versekerde eiendom behalwe fondamente (tensy fondamente spesifiek uitgesluit is van hierdie versekering) van die beskadigde gedeelte.
1.2 die bykomende koste wat nodig is om die beskadigde versekerde eiendom te herstel tot 'n toestand wat gelyk is aan die toestand daarvan toe dit nuut was, indien die noodsaaklikheid om aan enige van die voorgemelde regulasies te voldoen, nie ontstaan het nie;
1.3 die bedrag van enige munisipale of ander belasting, regte, ontwikkelingskoste of ander heffings of aanslag wat uit waardevermeerdering voortspruit en wat betaalbaar mag wees ten opsigte van die eiendom of deur die eienaar daarvan weens die voldoening aan enige van die voorgemelde regulasies;
2. die herstel- of herbouwerk moet aanvang neem en met bekwame spoed uitgevoer word en dit mag in die geheel of gedeeltelik op ʼn ander terrein uitgevoer word (indien bogemelde regulasies dit vereis), onderworpe daaraan dat die aanspreeklikheid van die Maatskappy ingevolge hierdie Klousule nie daardeur verhoog word nie;
3. indien die aanspreeklikheid van die Maatskappy ingevolge enige item van hierdie Afdeling, afgesien van hierdie Klousule, verminder word deur die toepassing van enige van die Bepalings, Uitsonderings en Voorwaardes van hierdie Afdeling, die aanspreeklikheid van die Maatskappy ingevolge hierdie Klousule ten opsigte van enige sodanige item in dieselfde verhouding verminder word;
4. die algehele bedrag verhaalbaar ingevolge enige item van hierdie Afdeling nie die versekerde bedrag daardeur oorskry nie
Verwyderingskoste van bome wat geval het of ʼn gevaar inhou
Die versekering onder hierdie Afdeling sluit in die kostes redelikerwys en noodsaaklikerwys aangegaan om bome of gedeeltes van bome te verwyder by die versekerde perseel soos vermeld in die Skedule wat geval het weens ʼn Omskrewe Gebeurtenis soos omskryf in Onderafdeling A, of oorhellende bome wat ʼn gevaar mag inhou om skade aan die versekerde perseel aan te rig;
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 279