Page 283 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 283

 Huiseienaars
 2. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis met ʼn minimum bedrag van R750 (sewe honderd en vyftig rand) vir ieder en elke eis.
Insakking en grondverskuiwing (uitgebreide dekking)
1. Hierdie Afdeling word uitgebrei om verlies van, of skade aan die versekerde eiendom in te sluit wat veroorsaak is deur insakking of verskuiwing van die grond wat vermelde versekerde eiendom stut en/of ondersteun, of die heffing daarvan;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
Sodanige verlies of skade nie veroorsaak is deur of voortspruit uit die volgende nie:
1. normale vassakking, inkrimping of uitsetting van die grond wat die versekerde eiendom stut en/of ondersteun;
2. verbouings, aanbouings of herstelwerk aan die versekerde eiendom;
3. kompaktering of opvulling;
4. gebrekkige of foutiewe ontwerp, materiale of vakmanskap;
5. uitgrawings, anders as in die loop van mynboubedrywighede;
6. inkrimping en/of uitsetting van grond, klei of soortgelyke tipes grond weens die klammigheid of waterinhoud daarvan;
7. verwydering of verswakking van stutwerk by die versekerde eiendom.
2. Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees nie vir:
2.1 Verlies van of skade aan septiese of opgaartenks, dreine, watervore/-kanale, tensy die gebou(e) tegelykertyd en deur dieselfde gebeurtenis beskadig is;
2.2 Gevolglike verlies hoegenaamd;
2.3 bestaande skade by die aanvang van hierdie dekking.
3. Die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 5% (vyf persent) van die eis met ʼn minimum bedrag van R5 000 (vyf duisend rand) vir ieder en elke gebeurtenis wat aanleiding gee tot ʼn eis.
4. Indien vereis, moet die Versekerde bewys lewer dat die verlies of skade waarvoor geëis word deur insakking, grondverskuiwing of heffing veroorsaak is.
Oproer en staking
Onderworpe aan die Bepalings, Voorwaardes, Uitsluitings, Uitsonderings en Waarborge wat daarin vervat word, word hierdie Afdeling uitgebrei om skade in te sluit wat regstreeks veroorsaak word deur, of deur middel van, of as gevolg van:
1. burgerlike beroering, arbeidsonluste, oproer, staking of uitsluiting;
2. die optrede van enige wettig ingestelde owerheid by die beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige ander wyse gehandel word met enige gebeurtenis waarna in (1) hierbo verwys word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Uitbreiding sal nie die volgende insluit nie:
1. verlies of skade wat binne die Republiek van Suid-Afrika en Namibië plaasvind;
2. gevolglike of onregstreekse verlies of skade van enige aard of beskrywing hoegenaamd, behalwe verlies aan huurgeld, indien dit spesifiek verseker is;
3. verlies of skade wat voortspruit uit die algehele of gedeeltelike staking van werk, of die vertraging of onderbreking of staking van enige proses of werksaamheid;
4. verlies of skade wat veroorsaak word deur permanente of tydelike besitsontneming wat spruit uit die konfiskering, kommandering of rekwisisie deur enige wettig ingestelde owerheid;
5. verlies of skade wat verband hou met of veroorsaak word deur enige gebeurtenis waarna daar in Algemene Uitsondering 1.1.2, 1.1.3, 1.1.4, 1.1.5 of 1.1.6 van hierdie Polis verwys word, of enige optrede van enige wettig ingestelde owerheid in beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige ander wyse gehandel word, met sodanige gebeurtenis.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 281




































































   281   282   283   284   285