Page 285 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 285
Huisbewoners
ONDERAFDELING A – INHOUD OMSKREWE GEBEURTENISSE
HUISBEWONERS
Skade aan die geheel of ʼn gedeelte van die inhoud (soos omskryf in die Omskrywing van inhoud) beskryf in die Skedule, wat deur die Versekerde besit word of waarvoor hul regtens verantwoordelik is, insluitend veranderinge gemaak deur die Versekerde as huurders van die geboue en strukture deur:
1. brand;
2. weerlig en donderslag;
3. onderaardse brand;
4. ontploffing;
5. aardbewing (hetsy veroorsaak deur mynbedrywighede of andersins), vulkaniese uitbarsting of ander skudding, maar uitgesluit verlies van of skade aan eiendom in die ondergrondse bedrywighede van ʼn myn;
6. spesiale gevare:
6.1 storm, wind, water, hael of sneeu, uitsluitendend skade aan eiendom;
6.1.1 wat voortspruit uit enige proses wat dit ondergaan en wat noodsaaklikerwys die gebruik of aanwending van water behels
6.1.2 ʼn vloedgolf weens aardbewing;
6.1.3 die ondergrondse bedrywighede van ʼn myn;
6.1.4 in die ope (buiten geboue, strukture en toerusting ontwerp om in die ope te wees en te werk) tensy spesifiek verseker as ʼn afsonderlike item in die Skedule;
6.1.5 in enige struktuur wat nie geheel en al onder dak is nie, tensy spesifiek verseker as ʼn afsonderlike item in die Skedule;
6.1.5 of dien as keermure, tensy spesifiek verseker as ʼn afsonderlike item in die Skedule;
6.1.6 soos hekke, pale en grensdrade wat nie van klip, beton, staal of bakstene gebou is nie;
6.2 lugvaartuie en ander lugtoestelle of voorwerpe wat daaruit laat val word;
6.3 botsing deur diere, bome (behalwe vallende bome terwyl kontrakteurs besig is met die afkap daarvan), antennas, satellietskottels of voertuie, met uitsluiting van skade aan sodanige diere, bome, antennas, satellietskottels, voertuie, of eiendom in of op sodanige voertuie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Omskrewe Gebeurtenis (spesiale gevare) nie die volgende insluit nie:
1. verweer en slytasie of geleidelike agteruitgang;
2. skade veroorsaak of vererger deur:
2.1 insakking en grondverskuiwing;
2.2 die Versekerde se versuim om alle redelike voorsorgmaatreëls te tref vir die instandhouding en veiligheid van die versekerde eiendom en vir die minimalisering van enige skade;
2.3 muf, vogtigheid, stygende vog, roes, korrosie of verrotting;
7. toevallige skade aan spieëlglas, glasblaaie van stowe en meubels of vaste glas wat deel vorm van enige artikel of meubelstuk tot en met 25% (vyf en twintig persent) van die totale versekerde bedrag of R250 000 (twee honderd en vyftig duisend rand) wat ook al die minste is.
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 283