Page 287 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 287

 Huisbewoners
 2.3 die versekerde eiendom steeds hoofsaaklik vir verblyfdoeleindes gebruik word;
2.4 die besigheidsaktiwiteite nie die private woning of buitegeboue blootstel aan bykomende risiko’s soos spuitverf- of sweiswerk nie;
2.5 die Aanspreeklikheid van die Maatskappy ten opsigte van enige een gebeurtenis nie R30 000 (dertig duisend rand) sal oorskry nie;
1.3 die Verhuurder se loste en vaste toebehore, die eiendom van die Versekerde of waarvoor hulle regtens verantwoordelik is.
2. Huishoudelike personeel sal beteken:
ʼn Werker wat ʼn diens in, en rondom die Versekerde se perseel lewer teen beloning, hetsy op ʼn deeltydse en/of permanente grondslag, vir die doel om die Versekerde se huishouding en/of private tuin in stand te hou.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS
Hierdie Afdeling sluit nie die volgende in nie:
1. eiendom buite die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Eswatini (voormalige Swaziland), Zimbabwe, Zambië, Malawi en Mosambiek;
2. gevolglike verlies of skade van enige aard ook al behalwe soos vermeld in Onderafdeling B – Huurgeld;
3. waardevermindering as gevolg van geleidelike oorsake soos verweer en slytasie, agteruitgang, roes, stygende klammigheid en muf, wegvreting of verrotting;
4. skade veroorsaak deur motte, ongediertes of insekte, huisdiere, wilde diere of reptiele;
5. verhandelbare effekte soos aktes, verbande, wissels, skuldbewyse en tjeks;
6. manuskripte of dokumente van enige aard;
7. voorafbetaalde telefoonkaarte of selfoonkoepons;
8. motorvoertuie, motorfietse, bromponies, gholfkarretjies, driewielvoertuie, vierwielmotorfietse, karavane, sleepwaens en alle vaste bykomstighede;
9. lugvaartuie, plesiervaartuie, vlerksweeftuie en hulle toerusting;
10. lewende hawe of ander diere;
11. skaars boeke, medaljes, individuele seëls of munte, tensy gespesifiseer in die Skedule;
12. enige elektroniese dataverwerkingstoerusting wat nie vir huishoudelike en/of boerderydoeleindes alleenlik gebruik word nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. sodanige elektroniese dataverwerkingstoerusting wat vir huishoudelike en/of boerderydoeleindes alleenlik gebruik word, onderhewig is aan ʼn Eerste Bedrag Betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R750 (sewe honderd en vyftig rand), wat ook al die meeste is vir ieder en elke eis;
2. die aanspreeklikheid van die Maatskappy met betrekking tot sodanige elektroniese toerusting beperk is tot ʼn maksimum bedrag van R25 000 (vyf en twintig duisend rand) vir enige enkele gebeurtenis.
13. enige verlies wat kragtens ʼn ander klousule of afdeling van die Polis geëis kan word.
ONDERAFDELING B – HUURGELD OMSKREWE GEBEURTENISSE
Verlies van huurgeld waarvoor die Versekerde aanspreeklik is as bewoner van die woning, wat volg nadat die versekerde eiendom sodanig beskadig is deur enige van die versekerde gevare gespesifiseer in Onderafdeling A dat dit onverhuurbaar is, (insluitende gedeeltelik onverhuurbaar), maar slegs vir die tydperk wat vir die herstel nodig is
Die Maatskappy sal ook betaal vir:
1. enige redelike bykomende kostes aangegaan om alternatiewe losies of herberg te voorsien aan die Versekerde en sy gesin en huishoudelike personeel wat normaalweg by die Versekerde inwoon;
2. vir noodsaaklike vervoer en bergingskostes ten opsigte van meubels;
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 285
 



































































   285   286   287   288   289