Page 288 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 288

 4. 4.1
aanspreeklikheid ten opsigte van besering, skade of verlies aan die gebruik van eiendom wat regstreeks of onregstreeks veroorsaak word deur deursypeling, besoedeling of kontaminasie altyd met dien verstande dat hierdie Uitsondering nie van toepassing is nie waar sodanige deursypeling, besoedeling of kontaminasie deur 'n skielike, onbeplande en onvoorsiene gebeurtenis veroorsaak word;
4.2 die koste van die verwydering, vernietiging of opruiming van deursypelende, besoedelende of kontaminerende stowwe, tensy die deursypeling, besoedeling of kontaminasie deur 'n skielike, onbeplande en onvoorsiene gebeurtenis veroorsaak word.
Hierdie Uitsondering brei nie die Polis uit om enige aanspreeklikheid in te sluit wat, by die afwesigheid van hierdie Uitsondering, nie ingevolge hierdie Polis verseker sou wees nie.
5. boetes, straftoekennings, straf-, bestraffende of wraaksugtige skadevergoeding;
6. 6.1 skadevergoeding ten opsigte van uitsprake in die eerste instansie gelewer of verkry in ’n ander hof as ʼn hof met regsbevoegdheid binne die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho en Eswatini (voormalige Swaziland);
Huisbewoners
 Vir die doel van hierdie Onderafdeling word die term “woning” beskou as enige perseel of gedeelte daarvan in die omgewing van die woning wat sodanig beskadig is dat toegang tot die woning verhinder of beperk word.
Die skadeloosstelling onder hierdie Onderafdeling sal nie 30% (dertig persent) van die versekerde bedrag of waarde (wat ook al die minste is) van al die inhoud van die versekerde perseel wat daardeur geaffekteer is, oorskry nie.
PERSOONLIKE REGSAANSPREEKLIKHEID OMSKREWE GEBEURTENISSE
Skadevergoeding waarvoor die huurder van die gebou regtens aanspreeklik is om te betaal, voortspruitend uit die toevallige dood van, of liggaamlike besering aan, of siekte van enige persoon (hierna besering genoem) of die toevallige verlies van, of fisiese skade aan tasbare eiendom (hierna skade genoem) wat voorkom gedurende die versekeringstydperk in, op of in die omgewing van die versekerde eiendom en wat voortspruit uit die Versekerde se eienaarskap daarvan
SKADELOOSSTELLINGSPERK
Die bedrag betaalbaar, met inbegrip van enige regskoste wat deur ’n eiser of enige getal eisers van die Versekerde verhaalbaar is en alle ander koste en uitgawes wat met die Maatskappy se toestemming aangegaan word vir enige enkele gebeurtenis of reeks gebeurtenisse met een oorspronklike oorsaak of bron beloop hoogstens R5 000 000 (vyf miljoen rand).
SPESIFIEKE UITSONDERINGS
Die Maatskappy sal nie die Versekerde skadeloosstel ingevolge hierdie Onderafdeling ten opsigte van die volgende nie:
1. besering of skade wat opgedoen is deur:
1.1 enige lid van dieselfde huishouding of familie as die Versekerde;
1.2 enige persoon wat ingevolge ’n diens-of vakleerlingskapkontrak in die Versekerde se diens is, en wat regstreeks ontstaan uit en in die loop van sodanige diens by die Versekerde;
1.3 enige ander persoon en wat spruit uit die eienaarskap van of die gebruik deur of namens die Versekerde van meganies aangedrewe voertuie (behalwe trapfietse en grassnyers);
2. skade aan eiendom:
2.1 2.1.1 wat aan die Versekerde behoort;
2.1.2 wat in die bewaring of onder die beheer van die Versekerde of enige werknemer van die Versekerde is;
2.2 wat veroorsaak is deur vibrasie of deur die verwydering of verswakking of versteuring van die stut van enige grond, gebou of ander struktuur.
3. aanspreeklikheid wat ingevolge 'n ooreenkoms aanvaar word, tensy die Versekerde nieteenstaande sodanige ooreenkoms aanspreeklik sou gewees het;
 Bladsy | 286
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022









































































   286   287   288   289   290